Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Dankie, Liverpool – nou vir Kaapstad!

Kaapstad is opgewonde en gereed om die leisels by Liverpool oor te neem.

Anroux Marais, Wes-Kaapse LUR van sport en kultuursake (tweede van regs), Vrydag in Liverpool saam met (van links) Karla Pretorius, die SA onderkaptein, JP Smith van die Kaapstad-metro, Cecilia Molokwane, die NSA-president, en die SA kaptein, Bongiwe Msomi (heel regs). Foto: Gallo Images | Reg Caldecott

So het Span Suid-Afrika Vrydag by ’n mediasessie in Liverpool, Engeland, gesê waar die Wêreldbeker (WB)-netbaltoernooi tot Sondag plaasvind.

Kaapstad is daar aan afgevaardigdes van die Internasionale Netbalfederasie (INF) en die internasionale media as die volgende gasheer in 2023 bekend gestel.

Suid-Afrika het die Liverpool-organiseerders met ’n suksesvolle toernooi gelukgewens. ’n Waarnemingspan het die toernooi bygewoon om soveel moontlik te leer oor die aanbied van ’n skouspel van dié aard.

Anroux Marais, Wes-Kaapse LUR van sport en kultuur, en JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid in Kaapstad, het Vrydag se mediageleentheid bygewoon.

“Netbal is ’n belangrike sportkode in die Wes-Kaap en ons verbintenis deur 2023 se WB-toernooi sal wees om ons netbalstreke en ons netbaldeelname te verhoog. Ons wil nog meer jong meisies die kans gee om die mooi spel te speel en hulle bystaan op hul pad om toekomstige Proteas te word,” sê Marais.

Sy sê die Wes-Kaapse regering is opgewonde om met die nasionale regering, die Kaapstad-metro en Netbal Suid-Afrika (NSA) saam te werk om ’n suksesvolle WB-toernooi aan te bied.

Smith sê die Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) is die ideale venue in die hartjie van die stad en is omring deur hotelle, winkelsentrums en ontspanningsgeriewe.

Dit sal die eerste keer wees dat vrouesport se grootste byeenkoms in Afrika gehou word.

Dit sal die eerste keer wees dat vrouesport se grootste byeenkoms in Afrika gehou word.

Spanne van Uganda, Zimbabwe en Malawi het ook in Liverpool deelgeneem en gewys daar is ’n aptyt vir die sport in Afrika.

Marais en Smith besef egter harde werk lê nou voor.

Cecilia Molokwane, NSA-president, sê 2023 se WB-toernooi is nie net vir Kaapstad, die Wes-Kaap en Suid-Afrika nie, maar vir die hele Afrika.

“Suid-Afrika het ’n verpligting om die INF te help om die sport oor Afrika heen te ontwikkel. Afrika is ’n slapende netbalreus. Ons het vier spanne van Afrika onder die top-tien,” sê Molokwane.

“NSA en Span Suid-Afrika het hom verbind tot die bevordering, ontwikkeling en groei van die sport op die vasteland.”

* Nathi Mthethwa, minister van sport, en sy adjunk, Nocawe Mafu, is ook in Liverpool, asook Thandi Moraka, Limpopo se LUR van sport. – Sportredaksie

Meer oor:  Liverpool  |  Kaapstad  |  Netbal  |  Wêreldbekernetbaltoernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.