Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Deen verras wéér met solopoging
Dit loop soos stroop! Søren Kragh Andersen ry Vrydag oor die wenstreep. Foto: Reuters

Die Deense fietsryer Søren Kragh Andersen het Vrydag sy tweede skofsege in vanjaar se Tour de France behaal, toe hy weer, soos ’n week gelede, ’n solopoging uit die hoed gepluk het.

Andersen (Sunweb) het die 19de skof, tussen Bourg-en-Bresse en Champagnole (166,5 km), in 3 uur, 36 minute en 33 sekondes gewen.

Die Sloween Luka Mezgec (Mitchelton–Scott) was tweede, 53 sekondes ná Andersen, met die Belg Jasper Stuyven (Trek-Segafredo, + 53 sekondes) derde.

En wat ’n ongelooflike vertoning poging was dit nie! Die 26-jarige Deen was in ’n wegbreekgroep toe hy sowat 16 km van die eindstreep af die saamryers agtergelaat het.

Dié lot het seker nie gedink dat hy ’n aanspraakmaker op ’n skofsege is nie, met die gevolg dat hy nie agterna gesit is nie.

Met reg ook, want in dié wegbreekgroep was naelryers soos Sam Bennett (Deceuninck-Quick-Step) en Peter Sagan (Bora-Hansgrohe), wat waarskynlik hul lippe afgelek het vir ’n skofsege.

Maar duidelik is daar nêrens in hul beplanning vir die dag voorsiening gemaak vir ’n bedreiging genaamd Andersen nie.

Niemand het skynbaar onthou dat die Deen laas Saterdag óók met ’n solopoging vorendag gekom het om die 14de skof te wen nie.

Niemand het skynbaar onthou dat die Deen laas Saterdag óók met ’n solopoging vorendag gekom het om die 14de skof te wen nie.

Vrydag se skof het uit ’n enkele kategorie 4-klim bestaan en dit was die Fransman Rémi Cavagna (Deceuninck-Quick-Step) wat vroeg saam met ’n paar ryers van die peloton weggebreek het.

Hy het sy vennote egter gou agtergelaat en ’n voorsprong van meer as 2 minute bo die peloton opgebou.

Toe, 52 km van die eindstreep, het Benoît Cosnefroy (AG2R La Mondiale), Luke Rowe (Ineos Grenadiers) en Pierre Rolland (B&B Hotels-Vital Concept) van die peloton weggebreek. Die drie het Cavagna ’n ruk later ingehaal.

Die draer van die geeltrui, Primož Roglic (regs), tydens Vrydag se skof. Foto: Reuters

Kort voor lank het nog ryers van die peloton af weggebreek. Dié groep van 12 het Bennett, Sagan en Andersen ingesluit en dit was duidelik dat die skofwenner in alle waarskynlikheid uit dié groep sou kom.

Dis toe dat Andersen die spul naelryers in sy midde totaal onkant betrap het met sy verbluffende solo-eindpoging.

Die draer van die geeltrui, Primož Roglic (Jumbo-Visma), is steeds 57 sekondes voor Tadej Pogacar (UAE), wat tweede is.

Net ’n ramp sal Roglic waarskynlik nou daarvan weerhou om Sondag as kampioen gekroon te word.

Suid-Afrika se Daryl Impey (Mitchelton-Scott) is algeheel 96ste, met Ryan Gibbons (NTT) 123ste.

Die plaaslike NTT is steeds 20ste in die spankompetisie.

• Die 20ste skof, ’n individuele tydtoets, word Saterdag oor 36,2 km tussen Lure en La Planche des Belles Filles beslis.

Op Twitter:

 
Meer oor:  Primož Roglic  |  Tadej Pogacar  |  Frankryk  |  Denemarke  |  Geeltrui  |  Fietsry  |  Tour De France
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.