Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Deen wen skof; Roglic bly in geel

Die Deen Søren Kragh Andersen het gister sy eerste skofoorwinning in die Tour de France behaal deur presies op die regte tyd met ’n aanval te kom.

Søren Kragh Andersen vier sy skofsege. Foto: AP

Anderson (Sunweb) het die 14de skof oor 194 km tussen Clermont-Ferrand en Lyon in 4 uur, 28 minute en 10 sekondes voltooi. Luka Mezgec (Mitchelton-Scott) van Slowenië was 15 sekondes ná hom in die tweede plek, gevolg deur die Italianer Simone Consonni (Cofidis, +15 sek).

Die 26-jarige Anderson het sowat 3 km van die einde af van die peloton weggebreek. Die ander aanspraakmakers op ’n skof­oorwinning se tande was toe lank­al getrek. Hy is beslis dank aan sy spanmaats, en veral Tiesj Benoot, verskuldig. Benoot het 11 km van die einde met ’n aanval gekom en Julian Alaphilippe (Deceuninck-Quick-Step), wat as ’n aanspraakmaker beskou is om die skof te wen, gedwing om hom agterna te sit. Dit het verseker dat Alaphilippe se stoom op was teen die einde van die skof.

Die skof het bestaan uit drie kategorie 4-klimme, een kategorie 3- en een kategorie 2-klim, en kort nadat die vlag gesak het om die begin van die skof aan te dui, was daar reeds aksie.

’n Paar ryers het probeer om ’n wegbreekgroep te vorm, en dit was uiteindelik Stefan Küng (Groupama-FD) en Edward Theuns (Trek-Segafredo) wat die ander agtergelaat het. Die twee het ná 60 km ’n voorsprong van meer as 5 minute bo die peloton opgebou.

Aan die bopunt van die kategorie 2-klim vir die skof het Küng onder Theuns uitgery en laasgenoemde is kort daarna ook deur die peloton ingekatrol.

In die peloton was dit Bora-Hansgrohe wat die pap dik aangemaak. Die span het natuurlik gehoop om Peter Sagan te help om die skof te wen, en sodoende weer die groentrui – as die voorloper in die punteafdeling – oor te neem. Sagen se span het so hard gery dat Sam Bennett (Deceuninck-Quick-Step), die draer van die groentrui, gesukkel het en deur die peloton agtergelaat is.

Toe, 80 km voor die einde, is Küng ingehaal, met CCC wat ook baie werk vooraan die peloton gedoen het. Maar oor daardie laaste kilometer was daar net een naam op almal se lippe – Søren Kragh Andersen.

Primož Roglic (Jumbo-Visma) is steeds die draer van die geeltrui. Tadej Pogacar (UAE) is 44 sekondes ná hom in die tweede plek, gevolg deur die verdedigende kampioen, Egan Bernal (Ineos Grenadiers, +59 sek).

Suid-Afrika se Daryl Impey (Mitchelton-Scott) is algeheel in die 91ste plek, met Ryan Gibbons (NTT) 132ste.

Meer oor:  Tour De France  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.