Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Denemarke keer rug op byeenkoms

Die ekonomiese impak van die koronavirus-pandemie maak nou ook groot golwe in die internasionale gimnastiek-wêreld.

Denemarke se nasionale gimnastiekfederasie (DIF) het Dinsdag aangekondig hy sal nie meer aanstaande jaar die Wêreldkampioenskappe vir artistiese gimnaste aanbied nie.

Geen amptelike rede is vir die besluit gegee nie, maar dit kom te midde van groot onsekerheid oor die sportwêreld heen weens die impak van die pandemie.

Die Amerikaner Simone Biles op verlede jaar se wêreldbyeenkoms vir artistiese gimnaste, waar sy vyf goue medaljes verower het. Foto: Getty Images

Die 50ste weergawe van dié kompetisie was veronderstel om van 18 tot 24 Oktober 2021 in die Deense hoofstad, Kopenhagen, plaas te vind. Die kampioenskappe vind elke jaar, buiten in Olimpiese jare, plaas, maar weens die uitstel van die Tokio-Spele is dit nou geskeduleer vir net twee maande ná die skouspel in Japan.

Die Internasionale Gimnastiekfederasie (FIG) het in ’n aparte verklaring gesê hy is teleurgesteld oor die Deense federasie se besluit. Hy oorweeg nou om ’n nuwe gasheer deur middel van ’n bodproses te vind.

“Die Deense Gimnastiekfederasie het die FIG ingelig van sy onttrekking as gasheer van die 50ste Artistieke Gimnastiek-wêreldbyeenkoms,” het die FIG gesê.

“Die FIG se uitvoerende raad (EC) het kennis geneem van die besluit en sy spyt en teleurstelling verklaar. Die EC sal binnekort al die gevolge wat spruit uit hierdie situasie onder oë neem, waaronder die begin van ’n bodproses.”

Denemarke was laas in 2006 die gasheer van artistieke gimnastiek se wêreldbyeenkoms. Sy besluit om terug te staan as gasheer plaas die FIG in ’n moeilike posisie, met die kompetisie net 15 maande weg.

Die FIG het in April, kort ná die besluit om die Olimpiese Spele met ’n jaar uit te stel, aan Inside the Games gesê hy het geen planne om die byeenkoms na ’n ander datum te skuif nie. – Reuters, Inside the Games

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.