Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Die Brit Geoghegan Hart wen Giro

Die Britse fietsryer Tao Geoghegan Hart het Sondag die grootste sege in sy loopbaan behaal toe hy die Giro d’Italia gewen het.

Tao Geoghegan Hart in die laaste skof, ’n individuele tydtoets. Foto: AP

Dit was ’n effens vreemde laaste skof, die 21ste tussen Cernusco sul Naviglio en Milaan, met twee ryers, Hart (Ineos Grenadiers) en Jai Hindley (Sunweb), wat die dag begin het met presies dieselfde tyd.

Selfs met die 20ste skof Saterdag, wat deur Hart gewen is, was Hindley (Australië) net-net in die tweede plek. Maar die Aussie het met die laaste skof die pienktrui (as algehele voorloper) gedra.

Vir Hart (25) was die opdrag eenvoudig: Voltooi die laaste skof, ’n individuele tydtoets oor 15,7 km, vinniger as Hindley as jy wil wen.

Die Brit het geluister en die skof in die 13de plek voltooi, met Hindley wat slegs 38ste kon klaarmaak. Wat Hart se prestasie soveel meer besonders maak, is dat hy nooit die algehele voorloper was nie. Die Australiër het algeheel tweede geëindig – 39 sekondes agter die Brit.

Die skof is gewen deur die Italianer Filippo Ganna (Ineos Grenadiers), met die Belg Victor Campenaerts, wat vir die plaaslike NTT-span ry, in die tweede plek. Ganna se wentyd was 17 minute en 16 sekondes, met Campenaerts 32 sekondes stadiger.

Ganna het ’n maand gelede die tydtoets by die Wêreldkampioenskappe gewen en altesaam vier skofte in vanjaar se Giro gewen – wat seges in al drie die individuele tydtoetse insluit.

Meer oor:  Giro D'italia  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.