Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Die ‘B’s’ kraai koning in Wines2Whales

Matthew Beers en Wessel Botha het Sondag seker gemaak hulle wen die elite-mans se Shiraz-wedren in die driedaagse Wines2Whales-bergfietswedren in styl.

Dié span van NAD het die derde skof oor 69 km van Oak Valley tot in Onrusrivier oorheers en eerste oor die eindstreep gery.

Matthew Beers en Wessel Botha het al drie skofte van die Shiraz-wedren vir elite-mans in die jongste Wines2Whales-bergfietsbyeenkoms oorheers. Foto: Nick Muzik

Hul wentyd was 2 uur 23 minute 50 sekondes en hul algehele wentyd 7:32:37.

Botha sê hulle het die laaste skof gewen omdat hulle vanaf die begin teen ’n harde pas getrap het.

“Ons wou die ander ouens bietjie uitdaag. Op die klim by Houwhoek het ons gesien dat Arno du Toit en Gert Heyns (DSV) swaarkry. Ons het geweet ons is sterker,” sê Botha.

“Op die Katpas het ons dinge rustiger gevat, veral om nie ’n lekband op te doen nie, en hulle het hulle weer by ons aangesluit.”

Arno du Toit en Gert Heyns (DSV) trap Sondag op pad na Onrusrivier. Foto: Nick Muzik

Heyns-hulle het die skof in 2:27:20 voltooi en ook algeheel tweede geëindig in 7:37:40.

Ook in die derde posisie was daar geen veranderinge nie met Matthys Beukes en Philip Buys (Pyga Euro Steel), wat die skof in 7:40:04 voltooi het en ook derde geëindig het in 7:40:04.

Beers sê dit is nie maklik om die wedren as die verdedigende kampioene te begin nie.

“Daar is altyd bykomende druk. Dit gebeur nie dikwels dat ’n span sy titel verdedig nie. Die drie skofoorwinnings is ’n bonus. Ek is baie tevrede,” sê Beers.

Wessel Botha en Matthew Beers (NAD) vier Sondag op Onrusrivier fees op die eindstreep van die Wines2Whales-bergfietswedren.Foto: Nick Muzik

“Mense onderskat Wessel omdat hy so saggeaard is, maar hy is een van Suid-Afrika se voorste bergfietsryers,” sê Beers van die 20-jarige Botha.

Die wenspan verdien R100 000.

  • Die wedren van Lourensford buite Somerset-Wes na Onrusrivier, sal volgende jaar van rigting verander.

Inskrywings open Dinsdag. Vir meer inligting besoek wines2whales.com. – Sportredaksie

Meer oor:  Bergfietsry  |  Wines2whales  |  Matthew Beers  |  Wessel Botha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.