Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Dié Kovsies kan wys hulle hoort by Proteas
Simoné GouwsFoto: Varsitysportssa.com

Antonet Louw en Simoné Gouws is van die Kovsies wat met die Ussa-hokkieweek volgende week in Stellenbosch wil wys hulle hoort in die nasionale vrouespan, wat in Augustus daar in die Afrikabeker-toernooi speel.

Louw, wat oor ’n kragtige trekhou beskik, was een van die groot uitblinkers in vanjaar se Varsitybeker-reeks.

Gouws het Suid-Afrika verlede jaar in die Wêreldbeker-toernooi in Londen verteenwoordig. Sy is weens ’n enkelbesering, wat sy in Duitsland opgedoen het, nie oorweeg vir die afgelope FIH-eindtoernooi in Valencia, Spanje, nie.

Die Proteas het bo-aan hul groep in Spanje geëindig, maar moes uiteindelik met ’n teleurstellende vierde plek tevrede wees.

Die Kovsies speel Maandag in hulle eerste groepwedstryd teem die Universiteit van Johannesburg.

Kovsies se groep:
Wiane Grobler, Chane Hartel, Nela Mbude, Frances Louw, Nadia van Staden, Shindré-Lee Simmons, Esté van Schalkwyk, Casey-Jean Botha, Antonet Louw, Simoné Gouws, Heraldine Olin, Lizanne Jacobs, Refilwe Ralikontsane, Anke Badenhorst, Lehandre Visser, Kia-Leigh Erasmus, Amy Klaasen, Phela Radikeledi.

 

Meer oor:  Bloemfontein  |  Proteas  |  Kovsies  |  Hokkie  |  Universiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.