Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Dis ‘nou of nooit’ vir Verstappen

As Max Verstappen nie nóú gereed is om vanjaar se Formule Een-wêreldkampioenskap te wen nie, sal dit “nooit” die geval wees nie, sê die voormalige wêreldkampioen Jacques Villeneuve.

Die voormalige F1-wêreldkampioen Jacques Villeneuve meen dis tyd vir Max Verstappen om vir Lewis Hamilton te onttroon. Foto: Getty Images

Verstappen is die afgelope paar jaar in die wedloop om die wêreldtitel, maar sy Red Bull-motor was net nie goed genoeg om enduit in die geveg te wees nie. Dít het egter nou verander met Verstappen wat die pas aangee voor Sondag se Grand Prix in Baku, Azerbeidjan.

Ondanks die feit dat hy net 23 is, jaag Verstappen al ses jaar lank vir Red Bull.

“Hy’s is al lank genoeg in die omtrek! As hy nie nou gereed is nie, sal hy nooit wees nie,” het Villeneuve aan motorsport-magazin.com gesê.

Red Bull was laas in 2013 in ’n ware “titelgeveg” betrokke toe hulle ’n kampioen opgelewer het en ook die vervaardigerstitel gewen het.

Villeneuve meen egter hulle het ’n probleem in Sergio Perez, wat nie sterk genoeg is as tweede renjaer in die Red Bull-span nie.

Die Mexikaanse renjaer is betrek om punte op te stapel, maar vaar te swak in die kwalifiserende ronde om vir Red Bull strategiese opsies tydens renne te gee.

Max Verstappen vier sy eerste plek in die Monaco-Grand Prix. Foto: Getty Images

“Die groter probleem is dat Perez nie in die titelstryd is nie. Hy was nog altyd vinnig, maar met die uitsondering van Imola vanjaar het dinge vir hom verkeerd geloop,” sê Villeneuve.

“Mercedes het twee motors en hulle kan vir (Valtteri) Bottas strategies inspan.”

Villeneuve verwag wel dat dinge sal verander, want hy plaas Perez in dieselfde liga as Bottas, die spanmaat van die heersende wêreldkampioen, Lewis Hamilton.

Volgens Villeneuve gaan die res van dié seisoen onvoorspelbaar wees, veral nadat Ferrari goed vertoon het in Monaco.

“Perez is ten minste op Valtteri se vlak as ’n renjaer en dinge sal op ’n kol vir hom verander,” sê hy.

“Op Imola was Valtteri nie goed nie en Lewis was in Monaco nie in die wedloop nie. Dis ’n lang seisoen. Alles gaan verander.

“Die spanne het nie baie tyd om tegniese uitdagings die hoof te bied nie, want dis net een ren op die volgende. Dit kompliseer dinge.

“Wat ons nou sien, is dat sekere motors vinnig is op sekere bane en stadiger op ander. Dit skep baie onsekerheid.” – TeamTalk

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  Jacques Villeneuve  |  Motorsport  |  Max Verstappen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.