Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Dobbelsteen val reg vir Hamilton in Hongarye

Lewis Hamilton het Sondag op Hungaroring die Hongaarse Formule Een-Grand Prix vir ’n rekordgetal sewende keer gewen nadat die Mercedes-span vir Red Bull takties uitoorlê het.

Lewis Hamilton ná sy sege Sondag in Hongarye.Foto: Getty Images

Hamilton het sodoende sy voorsprong op die kampioenskapspuntelys tot 62 punte gerek.

Max Verstappen (Red Bull) was tweede, gevolg deur Ferrari se Sebastian Vettel, Charles Leclerc (Ferrari), Carlos Sainz (McLaren) en Pierre Gasly (Red Bull).

Die 21-jarige Verstappen, wat in die voorste posisie weggespring het, was die hele tyd voor voordat hy vier rondtes voor die einde deur Hamilton ingehaal en verbygesteek is nadat sy bande erg verweer het.

Vreugde vir Lewis Hamilton in Hongarye.Foto: Reuters

Mercedes het Hamilton 22 rondtes vroeër beveel om vir die tweede keer bande om te ruil in ’n poging om Verstappen te fnuik.

Dié waagstuk het gewerk en Hamilton het ’n agterstand van byna 20 sekondes binne 22 rondtes in ’n oorwinning omgeskep.

“Dit was ’n waagstuk, maar ek is baie bly dat ons dit gedoen het. Man, maar dit voel goed,” het Hamilton gesê.

Hamilton, ’n vyfmalige wêreldkampioen, het nou 250 punte met Valtteri Bottas (188) en Verstappen (181) verder terug.

Lewis Hamilton vier sy sege in Hongaarse Formule Een-Grand Prix. Foto: Reuters

Dit was Hamilton se agtste sege in 12 renne vanjaar en sy 81ste Grand Prix-oorwinning. Hy is nou net 10 oorwinnings agter Michael Schumacher se 91.

“Ek het net my kop neergesit en elke rondte was soos ’n kwalifiserende rondte. Ek weet as Niki (Lauda, Mercedes se ontslape nie-uitvoerende direkteur) hier sou gewees het, sou hy sy hoed gelig het,” Hamilton gesê.

Verstappen, wat kort voor die einde ook vir die tweede keer die kuipe aangedoen het om bande om te ruil, het sodoende seker van die tweede plek gemaak. Hy het 17.7 sekondes agter Hamilton geëindig.

“Hulle het die dobbelsteen gerol en dit het gewerk. Jy het jou bes gedoen, maar ons was nie vinnig genoeg nie,” het Red Bulls se renbaas, Christian Horner, simpatiserend aan Verstappen gesê.

Bottas se drome is in die eerste rondte reeds beëindig toe hy en Hamilton liggies teen mekaar gebots het en ook kort hierna toe hy en Leclerc se Ferrari kontak gemaak het.

Bottas is kuipe toe om sy voorste drukvlerk te vervang en het agtste geëindig. – Reuters

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Mercedes  |  Formule Een  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.