Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Don King van boelie-taktiek beskuldig

Die omstrede Amerikaanse bokspromotor Don King is weer in die spervuur nadat die Duitse kampioen, Manuel Charr, hom van boelietaktiek beskuldig het.

Manuel Charr is glad nie ’n bewonderaar van Don King nie. Foto: Getty Images

Charr skryf op Facebook dat King hom probeer dwing om na sy pype te dans.

Volgens hom was hy as gevolg van King se inmenging twee jaar gelede laas in ’n boksgeveg betrokke.

Charr kla dat hy “gedwing” is om ’n kontrak met Don King te onderteken vir sy geveg op 29 Januarie teen Trevor Bryan van Amerika.

Die inskrywing op Manuel Charr se Facebook-blad waar hy teen Don King uitvaar.

Charr is die Wêreldboksvereniging (WBV) se “gewone” swaargewigkampioen. Anthony Joshua is die WBV se “super-” swaargewigkampioen.

Charr het sy titel in November 2017 gewen toe hy Alexander Ustinov van Rusland met punte in Oberhausen verslaan het.

“Ek wil graag elke drie maande boks, maar as gevolg van King se inmenging sal ek nou eers weer teen die einde van Januarie in aksie wees,” kla Charr.

Volgens Charr ignoreer King sy promotor, Erol Ceylan, en het King oorhaastig aangekondig dat die geveg teen Bryant in die Seminole Hard Rock-hotel in Hollywood gaan plaasvind.

Maar waar die geveg ook al gaan plaasvind, Charr gee die versekering dat hy “200%” reg is daarvoor.

• Die gedugte Adrien Broner soek ’n nuwe teenstander ná Pedro Campa, wat op 13 Februarie teen hom sou baklei, weens Covid-19-protokolle hom onttrek het.

Campa het nie self die virus opgedoen nie, maar een van sy helpers is positief vir die virus getoets.

Don King is al deur die jare deur baie boksers daarvan beskuldig dat hy hul loopbane verwoes het. Foto: Getty Images
Adrien Broner en Manny Pacquiao hier teen mekaar in aksie, hoop albei om vanjaar weer teen verskillende teenstanders in die kryt te wees. Foto: Getty Images

Broner was in Januarie 2019 laas in aksie toe hy met punte teen die WBV se weltergewigkampioen, Manny Pacquiao, verloor het.

Pacquiao het op sy beurt aan die Business Mirror bevestig dat hy volgende teen die UFC-vegter Conor McGregor te staan gaan kom.

Meer oor:  Boks  |  Manny Pacquiao
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.