Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Drama, drama en nóg drama in Sao Paulo

Dit was ’n dag wat Max Verstappen van die Red Bull-span nog jare lank sal onthou, maar vir die Ferrari-span, asook die Mercedes-spanne, was dit ’n tranedal.

Max Verstappen (voor) Sondag op pad na sy oorwinning in die Brasiliaanse Formule Een-Grand Prix. Foto: Getty Images

Boonop het die wêreldkampioen, Lewis Hamilton, ook nie rustig gaan slaap nie, terwyl sy Mercedes-spanmaat, Valtteri Bottas, se aanslag in die 55ste rondte van Sondag se Brasiliaanse Formule Een-Grand Prix in Sao Paulo gesneuwel het.

In ’n warboel wat in die laaste 15 rondtes geheers het, het Verstappen gewen, gevolg deur Pierre Gasly (Toro Rosso), Hamilton, Carlos Sainz (McLaren) en Kimi Raikonnen (Alfa Romeo).

Hamilton was derde, maar die voorval toe hy kort voor die einde vir Alexander Albon (Red Bull) verbygesteek het, word deur beamptes ondersoek en was teen druktyd nog aan die gang.

Hamilton het dadelik om verskoning gevra en gesê hy het die ligte botsing, wat tot die einde van Albon se aanslag gelei het, veroorsaak.

* Intussen sê Hamilton hy verwag nie hy sal met Britse ridderskap vereer word nie.

Die Mercedes-ondersteuners maak sterk voorbrand daarvoor dat Hamilton hom by ander Britse sportsterre soos die Tour de France-wenner Bradley Wiggins, die atleet Mo Farah, die tennisspeler Andy Murray en die krieketspeler Alistair Cook moet aansluit wat reeds met ridderskap vereer is.

Maar Hamilton, wat ongetwyfeld Brittanje se suksesvolste Formule Een-jaer is en twee keer soveel titels gewen het as Jackie Stewart, wat ridderskap ontvang het, twyfel of dit sal gebeur.

“Ek dink nie regtig te veel daaraan nie,” het Hamilton aan verslaggewers by die Brasiliaanse Grand Prix gesê.

“Net die feit dat mense dit voorgestel is, is al reeds ’n eer. Dit is nie iets wat ek in my loopbaan najaag nie.

“As dit wel die een of ander tyd gebeur, weet ek nie hoe ek dit sal hanteer nie. Ek het al voorheen voor Haar Majesteit gestaan en dit was ongelooflik.

“Bygesê, ek glo nie dit sal gebeur nie en dit traak my nie veel nie as dit nie gebeur nie.

“Dit beteken nie dat ek nie ’n Brit is nie. Dit beteken nie dat ek nie voortaan die vlag so hoog en so goed as moontlik sal wapper nie.”

Toto Wolff, Mercedes se spanbaas, het in die verlede al ’n paar keer gesê Hamilton kry nie die nodige erkenning vir sy prestasies in Brittanje nie.

Toe Hamilton verlede jaar sy vyfde wêreldtitel gewen het, moes hy strooijonker as die BBC se Sportman van die Jaar speel nadat die Tour de France-wenner Geraint Thomas vereer is. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.