Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Duiker Julia Vincent op medalje-jag
Die Suid-Afrikaner Julia Vincent droom daarvan om Saterdag ’n medalje by die Wêreldswemkampioenskap in Suid-Korea te verower. Foto: Getty Images

Die duiker Julia Vincent sal Saterdag jag maak op Suid-Afrika se eerste medalje van swem se Wêreldkampioenskap, wanneer sy in Gwangju, Suid-Korea, op die 1 m-duikplank stelling inneem.

Die 24-jarige Vincent het in Vrydag se kwalifiseringsronde die vierde beste puntetotaal (241,35) behaal. Die dag is totaal oorheers deur twee Chinese, Yiwen Chen (287,95) en Yani Chang (257,65). Die enigste ander duiker wat op die dag beter as Vincent gevaar het, is die Rus Kristina Ilinykh (245,50).

Vincent, ’n biologie-student aan die Universiteit van South Carolina, het by verlede jaar se Statebondspele ’n hartverskeurende vierde plek in hierdie einste item behaal, en sal hoop sy loop nie nóg ’n podium so rakelings mis nie.

Ná Saterdag se kompetisie sal die gebore Johannesburger en haar landgenoot Micaela Bouter hul visier stel op die 3 m-duikplank, met ’n top-12-plek in die kompetisie wat hul plekke by aanstaande jaar se Olimpiese Spele in Tokio sal verseker.

* Twee Suid-Afrikaanse broers sal Saterdag by die Yeosu-oseaanpark met groot drome in die water spring vir die 5 km-oopwaterkompetisie.

Die KwaZulu-Natallers Michael en Chris McGlynn sal die land verteenwoordig nadat hulle vroeër vanjaar onderskeidelik goud en brons by die SA kampioenskap verower het.

Michelle Weber sal Sondag in die vroue se kompetisie oor 10 km in aksie wees.

Meer oor:  Julia Vincent  |  Gwangju  |  Suid-Korea  |  Duik  |  Swem  |  Wêreldkampioenskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.