Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Duitser wen Tour-skof met solopoging
Vat so! Lennard Kämna vier sy skofoorwinning in die 16de skof. Foto: Reuters

Die jong Duitse fietsryer Lennard Kämna het effens onverwags daarin geslaag om die 16de skof van die Tour de France te wen.

Kämna (24), van die Bora-Hansgrohe-span, het Dinsdag se skof oor 164 km tussen La Tour-du-Pin en Villard-de-Lans danksy ’n solopoging oor die laaste paar kilometer beslis.

Hy het die skof in vier uur, 12 minute en 52 sekondes voltooi. Ecuador se Richard Carapaz (Ineos Grenadiers) was tweede, een minuut en 27 sekondes ná Kämna. Sébastien Reichenbach van Switserland (Groupama-FDJ, een minuut, 56 sekondes) was derde.

Dit was ’n bergskof wat bestaan het uit een kategorie 1-, een kategorie 3- en een kategorie 4-klim en twee kategorie 2-klimme.

Vroeg in die skof was daar baie ryers in die peloton wat bedrywig was en probeer het om weg te breek – wat dan ook gebeur het. Ná 70 km het die wegbreekgroep, wat Kämna, Carapaz en Reichenbach ingesluit het, ’n voorsprong van meer as tien minute bo die peloton opgebou.

Carapaz, wat die Giro d’Italia in 2019 gewen het, het waarskynlik gedink die Duitser gaan kort voor lank knak.

Toe, 23 km van die einde, het Carapaz ’n aanval begin, met Kämna en Reichenbach wat hom agternagesit het. Laasgenoemde het vinnig uitgesak en Carapaz, wat die Giro d’Italia in 2019 gewen het, het waarskynlik gedink die Duitser gaan kort voor lank knak.

Maar Kämna, wat ’n paar weke gelede ’n skof in die Critérium du Dauphiné gewen het, het ander planne gehad en onder Carapaz uitgery teen die voorlaaste klim, Montée de Saint-Nizier-du-Moucherotte.

Die Duitser was waarskynlik al besig om sy eerste bier te drink toe daar nog vuurwerk in die peloton was. Tadej Pogacar (UAE) van Slowenië was voor die aanvang van die skof algeheel in die tweede plek, 40 sekondes agter sy landgenoot Primož Roglic (Jumbo-Visma).

Tadej Pogacar (voor), met sy landgenoot en draer van die geeltrui, Primož Roglic, kort op sy hakke. Foto: Reuters

Pogacar het geweet hy moet in ’n stadium aanval om sy agterstand te laat krimp, maar Roglic se spanmaats het hom oor die laaste paar kilometer goed opgepas. Roglic het op die ou einde reg ná sy landgenoot oor die eindstreep gery, 16 minute en 48 sekondes ná die skofwenner.

Die 30-jarige Roglic is steeds die draer van die geeltrui, met Pogacar steeds 40 sekondes ná hom.

Suid-Afrika se Daryl Impey (Mitchelton-Scott) is algeheel 101ste, met Ryan Gibbons (NTT) 130ste.

Die plaaslike NTT-span is steeds 20ste in die spankompetisie.

• Die 17de skof word Woensdag oor 170 km tussen Grenoble en Méribel beslis.

Op Twitter:

 
Meer oor:  Lennard Kämna  |  Primož Roglic  |  Duitsland  |  Frankryk  |  Tour De France  |  16De Skof  |  Geeltrui  |  Fietsry  |  Verrassing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.