Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Duitsers ryg doele teen SA hokkiemans in
Suid-Afrika se Nic Spooner. Foto: Gallo Images

Duitsland se manshokkiespan het Sondag by Wits die tweede toetswedstryd teen Suid-Afrika met 7-1 gewen en spog nou met 18 doele in die naweek se eerste twee toetse.

Duitsland, sesde op die wêreldranglys, het Saterdag se eerste wedstryd met 11-2 gewen, nadat hy rustyd met 5-0 voor was.

Jonas Gomoll het vier doele vir die wenspan aangeteken.

Die Duitsers het volgens web.hockey.de vyf van hul sewe strafhoeke afgerond, terwyl Suid-Afrika se Ignatius Malgraff welslae met een van die tuisspan se vier strafhoeke gehad het. Bili Ntuli het die tuisspan se ander doel aangeteken.

Onthou gerus dat die Duitsers se kaptein, Tobias Hauke, al meer as 300 toetse gespeel en hy is een van tien spelers in die toergroep met meer as 100 wedstryde.

Suid-Afrika se mees ervare speler, Austin Smith, is een van vier spelers wat weens oorsese verpligtinge nie beskikbaar vir dié reeks is nie.

Die laaste twee wedstryde in die reeks is Donderdag en Saterdag. – Sportredaksie

Meer oor:  Hokkie  |  Wits  |  Duitsland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.