Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Durban kry tafeltennis-grote
Tafeltennis van dié gehalte sal oor ’n paar jaar ook in Suid-Afrika te sien wees. Foto: Getty Images

Die Wêreld-tafeltenniskampioenskappe sal in 2023 in Durban aangebied word.

Dit sal die eerste keer in 81 jaar wees sedert dié toernooi in Afrika gehou word.

Die vorige keer was in 1939 in Kaïro, Egipte.

Hierdie keer het die lede van die Internasionale Tafeltennis-federasie (ITTF) met 90-39 ten gunste van Durban teen Düsseldorf, wat die toernooi ook drie jaar gelede aangebied het, gestem.

Volgens Khalil Al-Mohannadi, onder-voorsitter van die ITTF, sal veranderinge aan die formaat van die uitspeelrondes verseker dat al meer lande die eindronde sal wil probeer aanbied.

“Dit weerspieël ook die groeiende gewildheid van tafeltennis,” sê hy in ’n mediaverklaring.

Suid-Afrika sal in 2023 ook die gasheer vir netbal se Wêreldbeker-toernooi wees. Dit gaan in Kaapstad aangebied word. – Reuters

Meer oor:  Ittf  |  Tafeltennis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.