Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Dusi-koning Birkett mik na 10de kroon
Andy Birkett en Khumbulani Nzimande (Euro Steel) is die gunstelinge in die Dusi-kanowedvaart, wat Donderdag in Pietermaritzburg begin. Foto: Gameplan Media

Andy Birkett het die volgende paar dae ’n spesiale mikpunt in sy visier.

Dié ervare 29-jarige “Dusi-koning” kan Saterdag net die tweede roeier in die geskiedenis van die kanowedvaart word wat met tien oorwinnings spog.

Dié wedvaart oor 120 km begin Donderdag kort ná sonop by Camps Drift in Pietermaritzburg, met Saterdag se eindbestemming Blue Lagoon in Durban.

Graeme Pope-Ellis spog met 15 titels en Martin Dreyer met sewe.

Birkett het verlede jaar sy negende titel gewen toe die Dusi as ’n K1-byeenkoms aangebied is.

Vanjaar is egter ’n K2-wedvaart en die KwaZulu-Natalse boorling span kragte saam met die jong roeier Khumbulani Nzimande.

Dié paar spring as die gunstelinge weg.

Wat hul wen-aspirasies ’n hupstoot sal gee, is die afwesigheid van Hank McGregor, ’n veelmalige voormalige wêreldkampioen in die marathon.

Birkett en McGregor het in 2018 die titel gewen.

Dreyer sê Birkett is ’n ware Dusi-kampioen, op en van die water af.

“Dit is merkwaardig dat hy op so ’n jong ouderdom op die rand staan van ’n tiende Dusi,” sê Dreyer.

Daar is so baie veranderlikes en dinge wat verkeerd kan loop, so vir hom om die laaste dekade te kon oorheers, is verstommend.
Martin Dreyer

“Daar is so baie veranderlikes en dinge wat verkeerd kan loop, so vir hom om die laaste dekade te kon oorheers, is verstommend.”

Dreyer en sy vrou, Jeannie, is die naweek saam in aksie.

Nzimande is die produk van die Dreyers se Change a Life-akademie en hy is gereed om ’n paar goeie vertonings in ’n oorwinning te omskep.

Birkett en Nzimande sal egter onder groot druk wees van ’n paar ervare Dusi K2-spanne.

Thulani Mbanjwa en Sbonelo Khwela is albei voormalige wenners van die K2-titel, wat nou kragte saamgesnoer het.

Die Houston-broers Alan en Andrew sal hoop op beter geluk nadat siekte hulle in vorige wedvaarte van ’n sterk eindpoging weerhou het.

Jenna Ward en Kyeta Purchase tel onder die aanspraakmakers in die vroueafdeling. Foto: Gameplan Media

In die vroueafdeling sal Christie Mackenzie, die verdedigende K1-kampioen, hoop haar vennootskap met Cana Peek kan haar ook die K2-titel besorg.

Die Olimpiese roeier Bridgitte Hartley en Tracey Oellerman is hul grootste uitdagers, met Jenna Ward en Kyeta Purchase wat ook nie onderskat moet word nie.

Die wenspanne sal elk R25 000 verdien, maar daar is vanjaar ook ’n bykomende aansporing.

Volgens die organiseerders sal die vrouewenners ’n bykomende R20 000 verower as hul algehele wentyd “minder as 116% van dié van die manswenners se tyd is”.

“As dit 116%, of afgerond tot daardie persentasie is, sal die mans- en vrouewenners die R20 000 deel. As dit 117% of meer is, sal die mans die ekstra bonus kry,” het Shane le Breton, hoof van die Dusi-wedvaartkomitee, verduidelik.

Volgens hom was die vrouewenners se tyd die afgelope tien jaar gemiddeld 116% van die manswenners s’n.

Anders gestel moet die vrouewenners se algehele wentyd minder as 16% stadiger as dié van die mans wees om die volle bonus te verower. – Sportredaksie

Meer oor:  Andy Birkett  |  Kwazulu-Natal  |  Kampioen  |  Kanovaart
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.