Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Eerbewyse rol in vir Karla Doer Onder

Karla Pretorius bring ’n handvol trofeë terug na Suid-Afrika.

Karla Pretorius en Helen Housby van die Swifts ding mee om balbesit in die halfeindronde van die Superliga.Foto: Getty Images

Die Proteas se onderkaptein is Vrydag as haar Australiese netbalklub, Sunshine Coast Lightning, se Speler van die Jaar aangewys.

Pretorius het ’n skitterende seisoen in die Australiese Superliga gehad, maar haar span kon vroeër vandeesmaand in die eindstryd teen die Swifts nié sy titel suksesvol verdedig nie en het met 47-64 in Brisbane verloor.

Pretorius is ook as haar spanmaats én klublede se Speler van die Jaar aangewys.

Sy het vir die tweede agtereenvolgende jaar die seisoen afgesluit met die meeste onderskeppings, naamlik 69.

Dié hulpdoelverdediger is ook in die Span van die Jaar ingesluit.

Pretorius (29) is ná die Wêreldbeker-toernooi in Liverpool, Engeland, as die Speler van die Toernooi aangewys.

Noeline Taurua, Lightning se afrigter, sê Pretorius word erken as een van die beste onderskeppende verdedigers.

“Sy is plofbaar, onverskrokke en het die vermoë om op kritieke tye balle af te neem en só ’n wedstryd op sy kop te keer,” sê Taurua.

“Karla verpersoonlik ons klub se waardes met haar gedrag op en van die baan.

“Haar spanmaats het ook haar skitterende bydraes tot die span raakgesien en haar daarom vereer. Sy is ’n waardige ontvanger van Lightning se hoogste eerbewys,” sê Taurua.

Lightning het bevestig dat Pretorius en haar Protea-spanmaat Phumza Maweni albei in 2020 na dié span sal terugkeer.

Byna 280 000 toeskouers het Superliga-wedstryde in tien stede bygewoon. Dit is 3% meer as in die 2018-seisoen, berig sunshinecoastlightning.com.au.

Volgens die uitsaaier Nine het 900 000 TV-kykers die eindstryd gekyk.

Kykers op stromingsdienste het ook toegeneem.

– Sportredaksie

Meer oor:  Netbal  |  Karla Prerorius  |  Proteas  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.