Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Eerste goud vir Chad in nuwe WB-reeks

Die ou staatmaker Chad le Clos het Saterdag in Kazan in Rusland sy eerste goue medalje van vanjaar se Wêreldbeker-kortbad­reeks verower toe hy koning gekraai het in die eindronde van die 200-vlinderslag.

Die 26-jarige Kapenaar was met ’n tyd van 1 minuut en 56.58 sekondes baas in sy gunsteling-item. Die Rus Daniil Pakhomov was tweede in 1:56.90 en David Verraszto van Hongarye derde in 1:59.03.

Chad le Clos het die tweede dag van die eerste Wêreldbekerbyeenkoms gister met goud om sy nek afgesluit.Foto: Getty Images

Le Clos is verlede jaar vir die vierde keer in sy loopbaan as die algehele beste mansswemmer van die reeks aangewys – meer as enigiemand anders en hoop om sy rekord vanjaar verder te rek.

Maar hy sou Saterdagaand gaan slaap het met die wete dat die titel nie vanjaar sommer net in sy skoot gaan val nie, met twee ander mans wat sy donder gesteel het.

Die Rus Vladimir Morozov het Vrydagaand ’n nuwe wêreldrekord in die 50 m-vryslag opgestel toe hy geseëvier het met ’n tyd van 21.49. Saterdag het hy in die 50-rugslag ook die ou Wêreldbeker-rekord van 24.58 oortref toe hy koning gekraai het in 24.43.

Kort op sy hakke in die rugslag-eindronde was die jong Amerikaner Michael Andrew, wat met ’n tyd van 24.49 self ook onder die ou Wêreldbeker-kerf gedraai het.

Andrew se grootste oomblik in Kazan was egter Vrydagaand toe hy Le Clos in die eindronde van die 100-vlinderslag ore aangesit het.

Die 19-jarige, wie se pa, Peter, in Suid-Afrika gebore is, het die enigste sub-52-tyd opgestel deur die horlosie in 51.96 te stop. Le Clos en die Rus Egor Kuimov was saam tweede in 52.00.

Andrew, wat in die VSA al vir jare as die volgende Michael Phelps bestempel word, het ook Vrydag die 50-borsslag gewen.

Meer oor:  Wêreldbeker-Kortbad­Reeks  |  Chad Le Clos  |  Kazan  |  Rusland  |  Swem  |  200-Vlinderslag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.