Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Eerste openlike gay rofstoeier (79) oorlede

Pat Patterson, lid van die WWE se heldesaal wat ’n rofstoeiloopbaan van ses dekades geniet het, is in die ouderdom van 79 dood.

WWE.com berig dié Kanadees is Dinsdag in ’n hospitaal in Miami oorlede ná ’n lang stryd met kanker.

Die WWE-legende Pat Patterson.

Patterson het in 1958 vir die eerste keer in die beroeps-kryt geklim. Hy was die WWE se eerste Intercontinental-kampioen en is die baasbrein agter die gewilde Royal Rumble-stryd.

Patterson het verlede jaar as ’n gas op ’n Raw Reunion-uitsending die oudste persoon in die geskiedenis geword om ’n WWE-titel te wen toe hy kortstondig as die WWE 24/7-kampioen gekroon is.

Hy het hom kort voor sy uittrede in 1984 by Vince McMahon as ’n kommentator aangesluit en ná sy dae in die kryt as konsultant vir die WWE gewerk.

“Patterson het geskiedenis gemaak in sy WWE-loopbaan van meer as 25 jaar,” sê die beheerliggaam in ’n verklaring.

“Van die Intercontinental-titel tot die Royal Rumble-stryd, sy naam sal vir altyd vereer word in WWE-heemkunde.

“Hierdie ongelooflike nalatenskap is vervat in Patterson se outobiografie in 2016, Accepted: How the First Gay Superstar Changed WWE, ’n roerende verhaal oor sy lewe binne én buite die kryt.”

Verskeie WWE-supersterre het op sosiale media huldeblyke aan Patterson gebring, insluitende John Cena.

Volgens hom het Patterson “die lewe geleef soos dit moet met passie, liefde en doelgerigtheid.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Wwe  |  Gay
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.