Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Eerste stedelike SwimRun by V&A gehou
Nick Quénet wat wegspring en eerste geëindig het in die ouderdomsgroep 19 tot 29. Foto: Caleb Bjergfelt

Die V&A Waterfront in Kaapstad het Sondag die eerste stedelike wedloop van die Torpedo-SwimRun-reeks aangebied, met atlete wat tou gestaan het om deel te neem.

Dit is die eerste keer dat die byeenkoms in ’n stedelike gebied soos die V&A Waterfront aangebied is en die

dié reeks raak al hoe gewilder.

Die SwimRun-wedloop, ’n taamlik nuwe multisport-formaat, vind aanklank by driekampers, swemmers, atlete, branderplankryers, lewensredders, en ander watersportgeesdriftiges.

Deelnemers neem in spanne deel en moet kort ente tussen strande swem, dan weer hardloop en ook oor rotse spring. Daar is nie kans om van klere te verwissel nie.

Deelnemers swem dus met hul tekkies aan en hardloop in hul lyfpakke.

“Atlete van alle ouderdomme het aan die byeenkoms by Battery Park in die Waterfront deelgeneem en hul uithouvermoë is beslis getoets,” sê Richard McMartin, medestigter van die reeks.

In die eerste deel het deelnemers alleen vertrek met die doel om hul beste tyd op te stel en die top-16 in hul ouderdomskategorie te bereik. Aan die einde van die uitkloprondes was daar een kategorie waaraan alle kwalifiseerders dan deelgeneem het.

“Te oordeel na die getal deelnemers, sal die Torpedo-byeenkoms ’n hoogtepunt op die SwimRun-kalender word,” het McMartin gesê.

Die baan van 1 000 m het uit vier rondes bestaan waar deelnemers moes hardloop en 3 rondes waar deelnemers in die kanale, wat na die hawe gaan, moes swem.

Richard Murray, Suid-Afrikaanse driekampatleet, aan die swem. Hy was tweede in sy ouderdomsgroep. Foto: Caleb Bjergfelt

Die sibbe Nick en Alexandra Quénet het koning gekraai in hul onderskeie ouderdomskategorieë, 19 tot 29, en het van die beste driekampatlete uitgestof om die titels te wen.

Onder die bekende mansatlete wat deelgeneem het, was Richard Murray en Phillipe Drolet, topdriekampers. Rachel Klamer, die Nederlandse driekampatleet, het ook deelgeneem.

Nick Quénet sê dit was ’n groot eer en spesiaal om teen sulke topatlete te kon meeding en nog boonop te wen ook.

“Ek het geweet dit is ’n roete wat die sterkste swemmers sou bevoordeel, so ek dink ek het ’n bietjie van ’n voordeel gehad. Dit was egter ’n wonderlike uitdaging en heeltemal anders as die ander Torpedo SwimRun-byeenkomste. Jy moes jou energievlakke reguleer,” het Quénet gesê.

McMartin sê menseredders en paramedici was gereed om die deelnemers veilig te hou.

“Elke atleet moes twee Covid-19-toetse slaag. Daar was ’n aanlyn vraelys wat ingevul moes word voordat atlete opgedaag het om aan die wedloop deel te neem. By die wedloop het ’n Covid-19-beampte atlete se temperatuur geneem. As hulle ’n geel armband ontvang het, kon hulle dan suksesvol aan die wedloop deelneem. Elke deelnemer moes ook ’n gesigmasker dra.”

“Ek wil almal bedank wat kom deelneem het. Ek dink daar is baie groeipotensiaal vir dié opwindende formaat en ek hoop dit sal veral vir jong atlete ’n maklike weg na die sport bied,” sê McMartin.

Meer oor:  V&A Waterfront
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.