Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Egipte voor SA in swembad in Algerië

Die Suid-Afrikaanse swemspan het nog ’n goeie medalje-oes op die tweede dag van die Afrika-byeenkoms in Algerië beleef.

Nadat die Suid-Afrikaners met sewe medaljes in Algiers weggespring het, het hulle Dinsdag nog agt (twee goud, vier silwer en twee brons) ingeryg.

In die mans se 400 m- individuele wisselslag het Ayrton Sweeney in 4 minute 21.69 sekondes verseker dat hy op die boonste trap van die podium staan. Sy spanmaat, Ruan Breytenbach, was tweede in 4:25.80. Ahmed Hamdy van Egipte het die bronsmedalje in 4:26.73 gewen.

Ayrton Sweeney Foto: Gallo Images

In die vroue se 200 m-borsslag het Lara van Niekerk water in haar teenstanders se oë geskop om in 2:35.25 te wen, meer as drie sekondes voor die Egiptenaar Rowida Hesham, wat naasbeste was in 2:38.99. Nefsi Rania Hamida van Algerië was derde in 2:40.10.

Farida Osman van Egipte het die 50 m-vlinderslag gewen met ’n byeenkomsrekord van 26.16 sekondes, met die Suid-Afrikaner Erin Gallagher tweede in 26.64.

Daar was ook dubbele vreugde vir Suid-Afrika in die 200 m-vryslag, waarin Jessica Whelan en Janie Coetzer onderskeidelik silwer en brons gewen het. Whelan het ’n tyd van 2:06.14 aangeteken, met Coetzer wat in 2:07.08 kort op haar hakke was vir ’n derde plek. Hania Moro van Egipte het in 2:04.46 met die louere weggestap.

Alaric Basson het ook ’n bronsmedalje in die 50 m-borsslag gewen. Sy hande het aan die muur geraak in ’n tyd van 28.42. Die Egiptenare het hier ook ’n byeenkomsrekord opgestel, met Youssef Elkamash wat in 28.04 gewen het.

Die 4 x 100 m- gemengde aflosspan van Basson, Gallagher, Hannah Kiely en Jacques van Wyk het self beïndruk toe hulle silwer verower het in 3:37.06. Egipte was hier ook die Suid-Afrikaners se tier in 3:36.94, terwyl Algerië derde in 3:40.39 was.

Suid-Afrika is tans tweede op die medaljelys met 15 medaljes (vyf goud, sewe silwer en drie brons) met Egipte wat voor is danksy meer goue medaljes. Hy het sover sewe goue, ses silwer- en twee bronsmedaljes gewen.

Tunisië is in die derde plek met vyf medaljes (een goud, twee silwer en twee brons).

Meer oor:  Egipte  |  Swem  |  Atletiek  |  Afrika  |  Byeenkoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.