Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Eiewys’ Ruiz gee sy afrigter die trekpas
Andy Ruiz (regs) was ’n maklike (en groot) teiken in sy vorige geveg teen Anthony Joshua (links). Foto: Getty Images

Andy Ruiz, die potjierol voormalige swaargewigbokskampioen van die wêreld, het sy afrigter gepos.

Manny Robles het aan ESPN.com gesê hy het by Ruiz se pa, Andrés, gehoor dat hy nie meer Ruiz se afrigter is nie. Andrés is sy seun se bestuurder.

Ruiz se nuwe afrigter sal baie strenger as sy vorige een, Manny Robles (bo), moet wees. Foto: Getty Images

Robles was voor en ná Ruiz se geveg in Desember teen Anthony Joshua in die spervuur omdat sy bokser erg oorgewig en onfiks gelyk het.

Joshua het dié geveg in Saoedi-Arabië met punte gewen om weer die Wêreldboksvereniging, Wêreldboksorganisasie, Internasionale Boksfederasie en Internasionale Boksorganisasie se kampioen te word.

“Om eerlik te wees, ek het dit sien kom. Andy het net gedoen wat hy wou en het nie na my of sy pa geluister nie,” sê Robles.

Daar is in hierdie stadium geen aanduiding wie nou Ruiz se afrigter gaan wees nie. Sy promotor, Eddie Hearn, wil hê Ruiz moet in April teen Dillian Whyte boks.

Dit klink egter of Ruiz steeds te lekker partytjie hou en nog nie weer lus is om in die kryt te klim nie.

* Saterdag vind daar ’n taamlik belangrike weltergewig-geveg in New York plaas.

Die hoogaangeskrewe Danny García van Amerika kom in die Barclay-sentrum teen Ivan Redkach van die Oekraïne te staan.

Dis veronderstel om ’n opwarmingsgeveg vir García te wees voordat hy later vanjaar teen Manny Pacquiao of Errol Spence te staan kom.

Meer oor:  Boks  |  Andy Ruiz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.