Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Ek los Schumacher nie uit nie’

Jean Todt, voormalige grootbaas van Ferrari en deesdae president van motorsport se beheerliggaam, die FIA, sê hy is steeds in noue kontak met Michael Schumacher se gesin en besoek die legendariese renjaer ook “twee keer per maand”.

Destydse vennote en steeds boesemvriende... Jean Todt en Michael Schumacher. Foto: Getty Images

Todt en Schumacher, wenner van sewe F1-wêreldtitels, het noue bande gesmee toe hulle saamgespan het om Ferrari te help om een van die suksesvolste en mees oorheersende eras in die sport se geskiedenis te beleef.

Schumacher (52) het ernstige breinskade opgedoen in ’n ski-ongeluk in die Franse Alpe in 2013. Hy word sedertdien uit die openbare oog gehou en besonderhede van sy toestand is hoogs vertroulik.

Todt, een van slegs ’n handvol mense wat toegelaat word in die Schumacher-herehuis aan die oewer van die Geneefse meer, waar die Duitser herstel, sê hy gaan kuier gereeld om tyd saam met sy goeie vriend deur te bring.

“Ek sien Michael minstens twee keer per maand,” het Todt aan die Italiaanse publikasie Corriere della Sera gesê toe hy gevra is of die Covid-19-pandemie hom verhoed om vir Schumacher te gaan kuier.

“Ek los hom nie uit nie. Hy, Corinna (Schumacher se vrou), die gesin ... ons het so baie ervaringe gedeel.

“Die prag van wat ons saam ervaar het, is deel van ons en die storie het nog nie geëindig nie.”

Elisabetta Gregoraci, ’n model en televisiepersoonlikheid wat voorheen getroud was met Schumacher se eertydse F1-spanbaas Flavio Briatore, wat aan die stuur was van Benetton toe die F1-ikoon in 1994 en 1995 sy wêreldtitels saam met dié span verower het, het onlangs beweer hy kan deesdae slegs met sy oë kommunikeer.

Die vername neurochirurg Erich Riederer het einde verlede jaar in ’n nuwe dokumentêre program, wat op Franse televisie uitgesaai is, beweer Schumacher is in ’n “vegetatiewe toestand” en reageer nie teenoor sy familie nie.

Schumacher se seun, Mick (22), is vanjaar in sy F1-debuutjaar vir die Haas-span. – TeamTalk, Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Formule Een  |  Mick Schumacher  |  Motorsport  |  Jean Todt  |  Michael Schumacher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.