Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘G’n Viagra en ek wil weer op 90 pa word’
Bernie Eccelstone en sy 44-jarige Brasiliaanse vrou, Fabiana Flosi. Foto: Getty Images

Hy het so pas op die rype ouderdom van 89 pa geword, maar Bernie Ecclestone is nog nie tevrede nie.

Die voormalige Formule Een-grootbaas wil nog ’n baba hê. En vergeet Viagra, die Brit sê die enigste aanvulling wat hy benodig, is vitamine D.

Ecclestone het ná die geboorte op 1 Julie van sy seun, Ace, saam met sy 44-jarige vrou, Fabiana Flosi, teruggekap oor beskuldigings dat hy “te oud” is om ’n pa te wees.

Die miljardêr glo hy sal ’n beter pa wees met sy vierde poging. Hy het sy oudste dogter, Deborah (65), saam met sy eerste vrou, Ivy Bamford, verwek, voordat hy Tamara (36) en Petra (31) saam met sy tweede vrou, Slavica Radic (nou 62), gehad het.

“Ek is werklik gelukkig,” sê hy.

“Ek was uiteraard baie jonger toe ek die dogters gehad het. Maar ek was ook meer bekommerd oor my besigheid as om agter hulle aan te hol.

Bernie Ecclestone saam met twee van sy dogters, Tamara Ecclestone (links) en haar dogtertjie Sophia Ecclestone-Rutland en Petra Stunt en haar dogtertjie Lavinia Stunt. Foto: Getty Images

“Nou het ek meer vrye tyd en ek hoop om dit saam met my seun deur te bring soos hy grootword.

“Ek weet nie of ons hier sal stop nie. Dalk moet hy ’n kleinboetie of -sussie hê. Ek het destyds toe ons begin uitgaan het vir Fabiana gesê ’n halfdosyn kinders sal piekfyn wees.”

Ecclestone skram geensins weg van vrae oor sy manlikheid nie.

“Neem ek enigiets? Nee! Fabiana gee my ’n paar pilletjies – vitamine D – maar ek neem niks ander nie,” sê hy.

Ecclestone en Flosi is in 2012 getroud. Hy was 40 jaar lank die kommersiële grootbaas van F1 voordat hy in 2017 deur die sport se nuwe eienaar, Liberty Media, met die Amerikaner Chase Carey vervang is.

Ecclestone is onlangs gekritiseer vir sy uitlatings oor Lewis Hamilton, die wêreldkampioen, se beroep op groter diversiteit in motorsport.

Ecclestone het Hamilton geloof vir sy inisiatief, maar aan CNN gesê hy glo nie dit sal ’n tasbare impak op F1 hê nie.

“Swart mense is in baie gevalle meer rassisties as wit mense,” het Ecclestone gesê.

Hy vier sy 90ste verjaarsdag in Oktober.

– Sportredaksie, The Sun

Meer oor:  F1  |  Motorsport  |  Bernie Ecclestone  |  Fabiana Flosi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.