Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Erin lei SA goudstormloop in Algiers

Erin Gallagher het die Suid-Afrikaanse swemspan gehelp om die Afrika-swembyeenkoms in Algerië op ’n hoë noot te begin.

Erin Gallagher by die Statebondspele in aksie. Foto: Gallo Images

Gallagher het Maandag op die eerste dag van dié byeenkoms in Algiers twee individuele goue medaljes verower, ’n byeenkomsrekord verbeter én gehelp dat die 4x200 m-vryslag-aflosspan Suid-Afrika se derde goue medalje van die dag wen.

Ná die eerste dag was Suid-Afrika boaan die medaljelys met sewe medaljes (drie goud, drie silwer en een brons).

Gallagher het Suid-Afrika se eerste goud in die 100-vryslag verower. Sy het dié item in 54.79 sekondes gewen, twee sekondes vinniger as Egipte se Farida Osman (56.80) in die tweede plek.

Sy het die 50-rugslag in 29.04 gewen en sodoende Chanelle van Wyk se byeenkomsrekordtyd van 29.31 verbeter. Egipte se Samiha Mohsen was tweede in 29.51, gevolg deur Melih Amel van Algerië in 29.67.

Saam met Jessica Whelan, Janie Coetzee en Tori Oliver het Gallagher die goue medalje in die 4x200-vryslagaflos vir Suid-Afrika gewen in ’n tyd van 8:29.89. Tunisië was tweede in 9:05.40.

In die 400-wisselslag het Samantha Randle die silwermedalje (4:59.75) gewen, met Whelan wat die bronsmedalje in 5:00.66 verower het. Nefsi Rania Hamida van Algerië was eerste in 4:56.96.

Alaric Basson het die silwermedalje in die 100-borsslag met Youssef Elkamash van Egipte gedeel nadat hulle albei die muur in 1:01.54 geraak het, met Elloumi Wassim van Tunisië se tyd van 1:01.26 wat vinnig genoeg vir goud was.

Jacques van Wyk het Suid-Afrika se derde silwermedalje in die 50-rugslag gewen. Sy tyd van 25.90 was naas Mohamed Samy (25.49) van Egipte die vinnigste.

Egipte was ná die eerste dag tweede op die medaljelys met twee goue en vier silwermedaljes.

Die Afrika-byeenkoms duur tot Sondag.

Meer oor:  Swem  |  Erin Gallagher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.