Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘F** jou!’ Só verras Lance kritici

Die gevalle fietsryheld Lance Armstrong beweer dit het vyf jaar geneem vir die publiek om uiting gee aan hulle gevoelens jeens hom en hy het op ’n interessante wyse gereageer.

Lance Armstrong in sy gloriedae saam met die akteurs Sandra Bullock en Robin Williams. Die ESPN- dokumentêre program getiteld ‘Lance’ word in twee dele in die VSA gebeeldsend. Foto: Getty Images

news.com.au berig die 48-jarige Amerikaner vertel die verhaal in die eerste episode van die onthullende ESPN-dokumentêre program getiteld Lance.

Armstrong, ’n sewemalige Tour de France-kampioen wat in 2012 weens die gebruik van verbode middels van al sy titels gestroop en lewenslank geskors is, sê hy het altyd geweet daar sou diegene wees wat woedend sou reageer. Maar hy was verras hoe lank dit geneem het vir kritici om na vore te tree en hom in persoon te konfronteer.

“Toe my lewe destyds daardie rigting inslaan het ek besef waar ook al ek gaan, vir die res van my lewe, gaan iemand my nader en vir my ‘f** jou’ sê”, sê Armstrong.

“Maar ’n paar dae het verloop en niemand het vir my ‘f** jou’ gesê nie. Toe het maande verloop. En toe jare.

“Ek het altyd geweet wanneer iemand dit wou sê, maar niemand het nie. Dit het uiteindelik vyf jaar geneem.”

Hy praat dan oor die lelike konfrontasie en hoe hy gereageer het.

“Ek het in ’n huurhuis gewoon. Ek het ’n Uber ontbied. Die bestuurder het gearriveer en in die pad gestop reg voor ’n kroeg,” sê Armstrong.

“Ons (Armstrong en ’n metgesel) het oor die pad na die Uber gestap en ’n man het opgestaan en geskree, ‘Hei, Lance’.

“Ek was soos, ‘Hoe gaan dit, man?’. Hy gil toe, ‘F** jou! F** jou!’

“Voordat jy tot twee kon tel, het ses of sewe ander mense hulle by hom aangesluit en almal staan op en gil, F** jou! Jou f***** verneuker!’.

“My vriendin het my gemaan om onmiddellik in die Uber te klim. Sy het gedink ek is op die punt om die groep te nader en die k** uit die ou uit te slaan. Dit sou uiteraard ’n swak idee gewees het.

“Ek sou vir die grootste gedeelte van my lewe so iets gedoen het. Ek was geskok en kwaad. Ek het gedink ek moet iets doen. Ek, Lance Armstrong, laat nie toe dat k** soos dit gebeur nie.”

Hy het egter besluit om ’n slim plan B in werking te stel.

“Ek het die kroeg gebel, my kredietkaartnommer verskaf en gesê ek dra die onkoste vir wat ook al daardie mense drink en eet, maak nie saak hoe duur dit is nie.

“Maar ek het een voorwaarde gestel. Ek het hulle gevra om die mense in te lig dat ek hul rekeninge vereffen het en dat ek liefde en groete stuur.

“Sommige mense is steeds die m*** in vir my (oor die verneukery) en hulle sal vir altyd die m*** in bly.”

– Sportredaksie

Meer oor:  Fietsry  |  Lance Armstrong  |  Espn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.