Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
F1-baas skenk $1 m. ‘vir diversiteit’

Chase Carey, grootbaas van Formule Een, gaan $1 miljoen (meer as R17 miljoen) skenk om ’n stigting op die been te bring wat diversiteit in dié sport sal bevorder.

Chase Carey, die voorsitter van die maatskappy wat Formule Een besit. Foto: Getty Images

Formule Een het Donderdag in ’n verklaring gesê dié stigting sal hoofsaaklik geld skenk aan belowende jong renjaers uit groepe wat “onderverteenwoordig” is, sodat hulle hul vaardighede in die sport kan slyp.

“Ons erken dat Formule Een baie meer inklusief en divers moet wees. Ons moet en wil meer doen om hierdie doelwit te bereik,” het Carey gesê.

Volgens Carey is ’n taakspan reeds in die lewe geroep om seker te maak dat die regte inisiatiewe geïdentifiseer word om diversiteit in die sport te laat toeneem.

“Ons wil seker maak ons gee mense van alle agtergronde die beste moontlike kans om in Formule Een te werk, ongeag hul geslag, etnisiteit, seksuele oriëntasie of fisieke vermoëns.”

Die sesmalige wêreldkampioen Lewis Hamilton, dié sport se eerste swart kampioen, was die laaste ruk veral krities oor die gebrek aan diversiteit in F1.

Dié Brit het ook die sport gekap vir sy aanvanklike stilswye ná die dood van George Floyd, die ongewapende swart man wat in Minneapolis dood is nadat ’n polisielid op sy nek gekniel het. Floyd se dood het wêreldwyd tot verskeie protesoptogte gelei en prominente swart sportlui het hul sedertdien sterk oor rassisme in sport uitgespreek.

Hamilton, wat vir Mercedes jaag, het verlede week aangekondig dat hy ook ’n kommissie van stapel gaan stuur om jong swart renjaers te help om ’n vastrapplek in die sport te kry.

“Wanneer ek oor 20 jaar terugkyk, wil ek sien dat die sport wat ’n skaam, swart kind uit die werkersklas soveel geleenthede gegee het, so divers, kompleks en multi-kultureel geword het soos die wêreld waarin ons leef,” sê Hamilton. – Reuters

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  George Floyd  |  Rassediversiteit  |  Chase Carey  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.