Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
F1 gaan voort, al toets renjaers positief
Chase Carey, grootbaas van F1. Foto: Getty Images

Formule Een sal nie ’n wedren kanselleer nie, selfs al toets ’n renjaer positief vir Covid-19, sê die sport se grootbaas, Chase Carey.

Die Amerikaner was aan die woord ná die publikasie van ’n voorlopige skedule van agt wedrenne, met die seisoen wat op 5 Julie in Oostenryk begin.

Die F1-seisoen sou aanvanklik op 15 Maart in Australië begin het, maar die Grand Prix is afgelas nadat ’n McLaren-spanlid positief getoets is vir die virus voor die begin van die naweek.

“Geen wedren sal gekanselleer word as ’n individu positief toets vir die nuwe koronavirus nie,” sê Carey.

“Ons moedig spanne aan om prosedures in te stel sodat indien ’n individu in kwarantyn geplaas moet word, ons in staat is om daardie persoon in ’n hotel af te sonder en te vervang.”

F1 beplan om aanvanklik sonder toeskouers voort te gaan. Spanne sal op huurvlugte vervoer word en afgesonder word van die plaaslike bevolkings.

– Reuters

Meer oor:  F1  |  Koronavirus  |  Chase Carey  |  Formule Een  |  Motorsport  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.