Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
F1-geskiedenis wink vir vlieënde Fin

Die Finse renjaer Valtteri Bottas kan Sondag vir hom ’n spesiale plek in die annale van Formule Een uitkerf.

Gaan Valtteri Bottas Sondag ’n tweede week agtereenvolgens Franse sjampanje in Oostenryk drink? Foto: Getty Images

Bottas (Mercedes) kry dán die kans om die eerste F1-renjaer te word wat in dieselfde seisoen twee keer op dieselfde baan wen.

Bottas-hulle sal vir ’n tweede week agtereenvolgens op Spielberg (Oostenryk) se Red Bull Ring in aksie wees. Verlede week het hy eerste verby die geruite vlag in die Oostenrykse Grand Prix gejaag en Sondag sal hy weer so probeer maak in die Stiermarkse GP.

Dié wedren is vernoem na die suidelike Oostenrykse staat, Stiermarke, waarin die Red Bull Ring geleë is.

Dié Grand Prix word vir die eerste keer aangebied nadat die Covid-19-pandemie F1-base gedwing het om hul kalender drasties te wysig. Dié wedren sal, soos verlede week, weer sonder toeskouers plaasvind.

Bottas sal dié keer egter sy hande vol hê om weer boaan die podium te staan. Sy spanmaat en sesmalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, het verlede week heelwat teëspoed beleef en dis onwaarskynlik dat weerlig twee keer op dieselfde plek gaan slaan.

Ditto Max Verstappen, Red Bull se jong Nederlander, wat in 2018 en 2019 kampioen op sy span se tuisbaan was.

“Wat ook al verlede week skeefgeloop het, kan reggestel word,” sê Verstappen.

“Dit lyk asof dit kan reën Sondag en ek is nie seker of enigiemand weet hoe mededingend hulle in nat weer in dié nuwe motors gaan wees nie, so dinge kan baie interessant raak.”

Ferrari se Charles Leclerc en McLaren se Lando Norris, wat hulle verlede week ook op die podium bevind het in ’n wedren waarin slegs 11 jaers kon klaarmaak, kan Sondag dalk sukkel om weer so te maak.

“Een ding wat ek die afgelope 20 jaar geleer het, hetsy dit in F1 of knortjor-wedrenne was, is dat die toestande by ’n baan van een dag na die volgende drasties kan verander,” sê Daniel Ricciardo (Renault), wat ook nie verlede week se GP kon voltooi nie. – Reuters

• Sondag se GP word van 15:05 regstreeks op SS 1 en SS 6 uitgesaai.

Meer oor:  F1  |  Formule Een  |  Motorsport  |  Valtteri Bottas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.