Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
F1-legende uit hospitaal ontslaan
Niki LaudaFoto: Getty Images

Die driemalige Formule Een-wêreldkampioen Niki Lauda is uit ’n hospitaal in Oostenryk ontslaan nadat hy ernstige griep gehad het, berig bbc.com.

Lauda (69), wat in Augustus 2018 ’n longoorplanting ondergaan het, het oor die Kerstyd tydens ’n gesinsvakansie in Ibiza siek geword.

Hy is toe na ’n hospitaal in Wene geneem.

Die hospitaal het Woensdag bevestig dat hy ontslaan is.

Lauda het in 1975, ’-76 en ’-84 die Formule Een-wêreldkampioenskap gewen.

Lauda was die afgelope dekade ’n invloedryke figuur by Mercedes se F1-span en het destyds ’n deurslaggewende rol in die werwing van Lewis Hamilton, nou ’n vyfmalige wêreldkampioen, gespeel. – Sportredaksie

Meer oor:  Niki Lauda  |  Duitsland  |  Ontslaan  |  Formule Een  |  Legende  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.