Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
F1-‘na-aper’ word swaar gestraf
Lance Stroll laat wiel verlede week in die Britse Grand Prix op Silverstone in sy pienk Racing Point-renmotor. Foto: Getty Images

Die 70ste Herdenking-Grand Prix vier Sondag dié sport se eerste kampioenskapswedren op Silverstone in 1950, maar Racing Point sal gewis nie in ’n partytjieluim wees nie.

Motorsport se beheerliggaam (die FIA) het dié span Vrydag met ’n yslike €450 000 (sowat R9,3 miljoen) beboet en van 15 vervaardigerskampioenskapspunte gestroop nadat bevind is dat hy Mercedes se ontwerp vir sy 2019-renmotors nageboots het.

Renault het ná elke Grand Prix sover vanjaar by die FIA protes aangeteken dat sekere kenmerke van die Racing Point-motors, waaronder die rembuise, presiese nabootsings was van verlede jaar se Mercedes-motors waarin Lewis Hamilton en Valtteri Bottas soveel sukses behaal het.

Racing Point, wat spottenderwys “Pienk Mercedes” genoem word vanweë sy kleur en ooreenkomste met Hamilton-hulle se motors, ontken nie dat hy verlede jaar se Mercedes-motors as inspirasie vir sy ontwerp gebruik het nie, maar hou vol dat dit binne die sport se regulasies was.

Racing Point het in sy verhoor aangevoer dat hy nie Mercedes se intellektuele eiendom gesteel het nie en dat sy ontwerpe sy eie is.

Die FIA se beslissing bring mee dat Racing Point se vervaardigers-puntetotaal van 42 na 27 krimp en dat hy nou agter Renault is in dié kompetisie.

Die FIA se beslissing bring mee dat Racing Point se vervaardigers-puntetotaal van 42 na 27 krimp en dat hy nou agter Renault is in dié kompetisie.

Terwyl dié drama hom in die raadsaal afgespeel het, het Racing Point bevestig dat die Duitser Nico Hulkenberg die naweek weer vir Sergio Pérez sal instaan. Pérez herstel nog van Covid-19 en het vandeesweek weer positief getoets vir die virus.

Nico Hulkenberg

Hulkenberg sou verlede week reeds saam met Lance Stroll vir Racing Point gejaag het, maar ’n enjinprobleem het hom verhinder om te kon wegspring in die Britse Grand Prix.

Hulkenberg (32) het verlede jaar nog vir Renault gejaag, maar het sy plek in dié span vanjaar aan Esteban Ocon afgestaan.

Hulkenberg het in 177 F1-wedrenne nog nooit op die podium gestaan nie, maar kan wel met ’n oorwinning in die Le Mans-uithouren spog. – Sportredaksie, independent.co.uk, ESPN.com, Reuters

• Sondag se Grand Prix word om 15:05 (SA tyd) regstreeks op SS 6 uitgesaai.

Meer oor:  Nico Hulkenberg  |  Racing Point  |  Grand Prix  |  Mercedes  |  Formule Een  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.