Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
F1 ondersoek Hamilton se BLM-gebaar
Die hemp wat Lewis Hamilton Sondag by die Mugello-renbaan gedra het. Foto: Getty Images

Formule Een se beheerliggaam, die FIA, oorweeg of Lewis Hamilton enige reëls oortree het deur ’n T-hemp te dra met die slagspreuk “Arresteer die polisielede wat Breonna Taylor doodgemaak het” voor én ná Sondag se Toskaanse Grand Prix.

“Ons oorweeg die kwessie,” sê ’n FIA-woordvoerder, wat verder bevestig het die gesprek draai ook rondom hoe daar in die toekoms opgetree moet word.

Taylor, ’n 26-jarige Amerikaanse swart vrou, is deur polisielede doodgeskiet wat in Maart by haar woonstel in Louisville, Kentucky, ingebars het. Een van dié polisielede is in Junie afgedank, maar nie een van die drie betrokkenes is strafregtelik aangekla nie.

Hamilton dra gereeld ’n Black Lives Matter (BLM)-hemp terwyl hy kniel as deel van ’n amptelike anti-rassisme-protesveldtog voor die begin van wedrenne hierdie seisoen.

Hy het met Sondag se hemp daarvan afgewyk. Sy hemp het ook ’n foto van Taylor agterop gehad met die onderskrif “Sê haar naam”.

Die agterkant van Hamilton se hemp. Foto: Getty Images

Die Japannese tennisster Naomi Osaka het onlangs by die Amerikaanse Ope ’n gesigmasker gedra met Taylor se naam daarop. Hamilton het Sondag gesê Osaka “is ’n ongelooflike inspirasie”.

Beamptes by die Mugello-renbaan in Italië het nie Hamilton se protesaksie ondersoek nie en dit was buitendien nie dadelik duidelik of Hamilton enige reëls oortree het nie.

Die FIA, wat deurlopend ’n nie-politieke-standpunt handhaaf, werk saam met Hamilton, F1 se enigste swart renjaer, op ’n diversiteit-komitee en bemark ’n veldtog teen rassisme.

F1 verbied spanne om advertering te gebruik wat “politiek of geloof” propageer, maar maak nie melding van renjaers nie.

Mercedes se spanbaas, Toto Wolff, het dit ook duidelik gemaak hy het geen probleem met wat Hamilton kies om te dra nie.

“Dit is heeltemal sy keuse. Wat ook al hy doen, ons ondersteun dit,” het die Oostenryker Saterdag aan joernaliste gesê.

“Die span stry teen enige rassisme en diskriminasie en dit is Lewis se persoonlike stryd vir Black Lives Matter wat ons op enige wyse ondersteun.

“Die wyer beweging is uiteraard die geveg teen enige vorm van rassisme en diskriminasie en ons span het nog altyd ons stryd teen daardie tipe ongeregtighede beklemtoon.”

– Reuters

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  George Floyd  |  Mario Andretti  |  Mercedes  |  Black Lives Matter  |  Jackie Stewart  |  Motorsport  |  Blm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.