Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
F1: Pérez maak vrede ná hy spanlede kap
Sergio Pérez het die oë vandeesweek laat rek met ’n beskuldiging dat sommige van Racing Point se spanlede “sekere dinge vir hom wegsteek”. Foto: Getty Images

Die Mexikaanse Formule Een-renjaer Sergio Pérez het aan die vooraand van die Russiese Grand Prix in Sotsji gesê hy het die lug met sy Racing Point-span gesuiwer.

Hy het Donderdag sommige van sy spanlede daarvan beskuldig dat hulle “sekere dinge vir hom wegsteek”.

Pérez verlaat die Racing Point-span aan die einde van die seisoen en sy plek gaan deur die viermalige wêreldkampioen Sebastian Vettel geneem word.

Hy het Donderdag gesê sedert die nuus bekend geword het dat hy die span gaan verlaat, is sommige mense in die span geneig om dinge van hom te weerhou en dat dit vir hom onaanvaarbaar is. Hy het egter geen voorbeelde genoem om dié beskuldiging te belig nie.

Vrydag het hy egter op sosiale media ’n meer versoenende houding ingeneem en gesê dat hy met die span gepraat en dat hulle sy verduideliking aanvaar het.

“Ek is al vir sewe jaar by dié span. Hulle is soos familie vir my. Daar’s geen manier hoe ek as kwaaivriende hier wil weggaan nie,” het hy voor die eerste oefenronde vir die Russiese GP gesê.

“Ons almal kyk nou vorentoe en wil dieselfde ding hê: om soveel as moontlik punte aan te teken en suksesvol in ons laaste oorblywende wedrenne saam te wees.”

Racing Point beklee die vierde algehele plek in die vervaardigers se wêreldkampioenskap, met 92 punte ná nege wedrenne. Pérez het 44 van dié punte aangeteken.

Lewis Hamilton (Mercedes), die sesmalige wêreldkampioen, is die weghol-voorloper in die renjaers se kampioenskap. Hy het al 190 punte opgestapel en is 55 voor sy naaste teenstander, sy spanmaat Valtteri Bottas.

• Sondag se Russiese Grand Prix is van 13:05 (SA tyd) regstreeks op SS Grandstand (201) en SS Motorsport (215).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.