Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
F1-renjaer jammer oor uitlatings
NORTHAMPTON, ENGLAND - JULY 11: Lando Norris of Gr
Lando Norris (middel) saam met Lewis Hamilton (links) en George Russell. Foto: Getty Images

McLaren se Lando Norris het in die openbaar om verskoning gevra, sonder om name te noem, nadat dié Brit sy landgenoot Lewis Hamilton se 92ste Formule Een-oorwinning onderspeel het.

Norris (20), F1 se jongste deelnemer, was ook baie krities teenoor Racing Point se Kanadese renjaer Lance Stroll ná hulle by Sondag se Portugese Grand Prix in ’n botsing betrokke was.

Norris het 13de geëindig terwyl beamptes Stroll vir die voorval gestraf het.

“Ek moet om verskoning vra,” sê Norris aan sy 750 000 volgelinge op Twitter.

“Ek was dom en roekeloos met sommige van die dinge wat ek onlangs in die media en in onderhoude gesê het en het nie die nodige respek aan sommige mense betoon nie.

“Ek is nie daardie tipe persoon nie, so ek weet ek moet aan hulle om verskoning vra, asook almal wat lees/luister. Ek is jammer.” 

Norris is ná die Grand Prix in televisieonderhoude gevra wat hy daarvan dink dat Hamilton F1 se suksesvolste renjaer geword het wat seges betref, nadat hy die Ferrari-legende Michael Schumacher in die rekordboeke verbygesteek het.

“Ek is net bly vir hom, niks meer nie. Dit beteken niks vir my nie, regtig. Hy is in ’n renmotor wat veronderstel is om elke wedren te wen, eenvoudig.

“Hy moet een of twee ander renjaers klop, dit is al. Maar welgedaan, hy doen steeds wat van hom verlang word.”

Hamilton het sover dié seisoen agt uit 12 Grands Prix gewen en is op koers vir ’n sewende wêreldtitel, dieselfde getal as die rekordhouer, Schumacher. Die Brit, wat sedert 2014 gemiddeld 10 wedrenne per seisoen wen, sal dan as die suksesvolste F1-renjaer van alle tye beskou kan word.

Sy span, Mercedes, het die afgelope ses vervaardigers-titels beklink en is op koers om volgende naweek in Italië ’n sewende te verower.

Norris, wat verlede jaar sy F1-buiging gemaak het, was al in 33 Grands Prix betrokke en het een keer op die podium geëindig. 

– Reuters

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  Mercedes  |  Motorsport  |  Lando Norris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.