Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
F1 stem in dat renjaers vanjaar weer knie buig

Formule Een-renjaers sal weer hierdie seisoen voor Grands Prix toegelaat word om te kniel uit protes teen rassisme.

Die sport sê in ’n verklaring dit is deel van sy inisiatief om “volhoubaarheid, diversiteit, inklusiwiteit en gemeenskap” te bevorder.

Lewis Hamilton was aan die spits van verlede jaar se protesaksie in die F1-seisoen. Foto: Getty Images

Maar anders as verlede jaar sal betogings voor wedrenne nie alleenlik teen rassisme wees nie en die renjaers sal nie genoop wees om “End Racism”-hemde te dra nie. Renjaers sal hul eie gebaar kies om inklusiwiteit in die sport te ondersteun.

“Die ganse F1 is verenig in sy ondersteuning van die We Race As One-veldtog en renjaers sal almal hul eie ondersteuning voor Grands Prix toon,” sê ’n woordvoerder.

“Die renjaers het toestemming om hul verbintenis op hul eie manier te wys en daar is geen voorwaardes vir ’n spesifieke gebaar nie.

“Die belangrike ding is dat hulle almal saamstaan ter ondersteuning van ons veldtogte van volhoubaarheid, diversiteit, inklusiwiteit en gemeenskap.”

Lewis Hamilton, die sport se enigste swart renjaer, was aan die spits van protesaksie voor wedrenne verlede seisoen. Die gebare het gespruit uit die dood van George Floyd in die VSA.

Stefano Domenicali, F1 se grootbaas, het twee weke gelede by die voorseisoense toetse in Bahrein met die renjaers vergader oor hoe die protesaksies hierdie seisoen aangepak moet word.

Daar is ooreengekom dat Hamilton en ander mag voortgaan om te kniel indien hulle sou wou, terwyl individuele renjaers kan kies watter saak hulle met gebare van hul keuse wil ondersteun.

Hamilton het voor die vergadering gesê: “Dit is nie die belangrikste ding dat almal kniel nie, maar eerder dit wat agter die skerms gedoen word.

“Soos sake kalmeer, bly rassisme ’n kwessie wat my en ander daar buite daagliks raak.

“Dit is werklik belangrik om deurlopend ongemaklike gesprekke met mense te hê. Verandering is moontlik en dit is noodsaaklik.” – Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Lewis Hamilton  |  Rassisme  |  Motorsport  |  Blm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.