Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Ferrari hoop korter seisoen red GP-2020

Mattia Binotto, Ferrari se renbaas, sê Formule Een kan Grand Prix-naweke verminder en daar kan tot in Januarie 2021 gejaag word as dit sou help om die seisoen te red nadat dit deur die Covid-19-pandemie gekelder is.

Chase Carey, die uitvoerende hoof van Formule Een, by die aankondiging op 13 Maart dat die Australiese Grand Prix gekanselleer is. Foto: Reuters

Vanjaar se openingsren, die Australiese Grand Prix wat op 15 Maart in Melbourne gehou sou word, asook die glansryke Monaco Grand Prix, wat in Mei sou plaasvind, is reeds van die baan, die eerste keer sedert 1954 dat hulle nie op die kampioenskapskalender verskyn nie.

Ses ander renne is uitgestel en nog kan volg namate al hoe meer lande hulself in algehele afsondering plaas.

Die Formule Een-renbase is egter hoopvol om weer in die Europese somer op dreef te kom met ’n seisoen wat van 15 tot 18 renne verkort kan word.

Binotto sê aan Sky Sports Italia die spanne het aan die Formule Een-renbase gesê hulle is vry om alles in hul vermoë te doen om die kampioenskap te laat voortgaan.

“Ons hou voordurende samesprekings,” sê hy.

“Ons glo, saam met die ander spanne, dat hierdie beslissende tye is.

“Ons het besluit om algehele vryheid aan (die Formule Een-voorsitter Chase) Carey te gee en dat die FIA so gou as moontlik ’n nuwe rooster aan ons voorlê, want van ons kant af is ons gewillig.

“Ons oorweeg verskeie opsies: om die tydgleuf tussen renne te verkort, om dalk twee/drie renne in Januarie te hou en ons oorweeg ook om (Vrydag se) oefensessies in te kort.”

Formule Een het agt renne nodig vir ’n geldige kampioenskap. Vanjaar se reeks sou op 29 November in Abu Dhabi geëindig het.

Formule Een het agt renne nodig vir ’n geldige kampioenskap. Vanjaar se reeks sou op 29 November in Abu Dhabi geëindig het.

Die spanne neem dan gewoonlik ’n ruskans totdat hulle hul nuwe motors bekend gestel en getoets het.

“As dit ons in staat stel om ’n vollediger 2020-kampioenskap te hou, met die volgende reeks wat nie voor aanstaande jaar in Maart begin nie, sal dit ons pas,” het Binotto gesê.

Vanjaar se reeks sou aanvanklik uit 22 renne bestaan het, met Lewis Hamilton wat gehoop het om Michael Schumacher se rekordgetal van sewe wêreldkampioenskappe te ewenaar.

Hy wou ook verbeter het op Schumacher se 91 oorwinnings nadat die Brit reeds 84 Grands Prix gewen het.

Die voormalige F1-renbaas Bernie Ecclestone het Vrydag gesê hy sal verbaas wees as hulle 15 tot 18 renne kan inpas. – Reuters

Meer oor:  Formule Een  |  Ferrari  |  Motorsport  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.