Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Ferrari mik vir top-3 in F1 in 2021

Ondanks Ferrari se slegste seisoen in 40 jaar in Formule Een, sê Mattia Binotto, die span se hoof, hy geniet steeds die ondersteuning van sy meerderes en hy mik daarna dat die span in 2021 weer onder die voorste drie eindig.

Charles Leclerc in aksie tydens die Grand Prix in Abu Dhabi in 2020. Foto: Getty Images

Dié sport se oudste en mees suksesvolste span moes in 2020 met die sesde plek in die vervaardigerskampioenskap tevrede wees en kon boonop nie ’n enkele wedren wen nie.

Louis C. Camilleri, uitvoerende hoof van Ferrari en ’n groot ondersteuner van Binotto, het verlede week uit die bloute sy bedanking aangekondig. John Elkann, die voorsitter, sal op ’n tussentydse basis in Camilleri se plek waarneem.

Binotto het Vrydag tydens ’n aanlyn mediageleentheid gesê dat hy die volle ondersteuning het van Elkann en Piero Ferrari, die visepresident.

“Daar is geen verandering in ons planne nie, en ook geen verandering aan ons toekoms nie,” het Binotto geantwoord op die vraag hoe Camilleri se vertrek moontlik die span kan raak.

Tog het hy toegegee dat sy pos in die gedrang kan kom as daar nie vordering gemaak word nie.

“Ek is duidelik bewus daarvan dat ons as ’n span goed moet doen, ook ek as spanhoof in die volgende seisoene.”

Binotto sê Ferrari kan ’n veel beter 2021 verwag, al is die gaping tussen die span en die kampioen, Mercedes, steeds groot.

“Ek is daarvan oortuig dat hierdie jaar ons sterker vir die toekoms gemaak het. ’n Derde plek is nie onmoontlik nie. Ek dink dit moet ons minimum doelwit aanstaande seisoen wees.”

Ferrari sal in 2021 anders daar uitsien, met Carlos Sainz wat hom van McLaren by die span aansluit, waar hy saam met Charles Leclerc die span se vaandel sal dra. Die Duitser Sebastian Vettel, ’n viermalige wêreldkampioen, het die span verlaat. – Reuters

Meer oor:  Charles Leclerc  |  Formule Een  |  Ferrari  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.