Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Ferrari trek Vettel in Singapoer voor
Vreugde vir Sebastian Vettel (Ferrari) nadat hy Sondag die Singapoerse F1-ren gewen het.Foto: Reuters

Sebastian Vettel het ’n droogte van 13 maande gebreek toe hy Ferrari tot ’n een-twee-oorwinning in Sondag se Singapoerse Formule Een-Grand Prix gestuur het.

Vettel se spanmaat, Charles Leclerc, was tweede met Max Verstappen (Red Bull) derde.

Lewis Hamilton (Mercedes) was vierde, hoewel hy sy voorsprong op die kampioenskapspuntelys tot 65 punte gerek het.

Vettel het laas in Augustus 2018 ’n Formule 1-ren op Spa, België gewen.

“Ek wil veral die ondersteuners oor die afgelope paar weke bedank vir hul volgehoue ondersteuning. Ek het dit alles na die motor oorgedra,” het Vettel ná die moeilike tydperk oor die afgelope paar maande verwys waarin hy selfvertroue verloor het en Leclerc in die kollig beweeg het.

Vettel het Sondag die geruite vlag 2.641 sekondes voor die 21-jarige brommende Leclerc ontvang.

Leclerc, 21, het in die voorste wegspringposisie weggespring nadat hy die afgelope twee renne geseëvier het.

Dis vanselfsprekend moeilik om ’n oorwinning op dié manier weg te gee, maar op die ou einde was dit een-twee vir die span en daaroor is ek verheug.
Charles Leclerc

Maar die Ferrari-span het besluit om eerder in Vettel se hande te speel deur hom eerste in die kuipe te laat aandoen om bande te ruil terwyl Leclerc voor was.

Lelclerc is later Vettel verbygesteek tydens sy kuipestop en dit het tot sy groot ongelukkigheid gelei.

Vettel se oorwinning was ’n rekordgetal vyfde keer in Singapoer vir die viermalige wêreldkampioen.

Dit was ook die eerste keer dat die span eerste en tweede in Singapoer kon eindig.

“Dis vanselfsprekend moeilik om ’n oorwinning op dié manier weg te gee, maar op die ou einde was dit een-twee vir die span en daaroor is ek verheug,” het Leclerc ná die ren gesê.

Hamilton se Mercedes-spanmaat, Valtteri Bottas, was vyfde en het nou 231 punte met Hamilton op 296.

In die vervaardigersafdeling het Mercedes 527 punte teenoor Ferrari se 394 met ses renne oor.

Die Deen Kevin Magnussen het die vinnigste rondetyd vir die tweede agtereenvolgende jaar aangeteken, maar hy kon nie ’n bonuspunt verower nie, omdat hy 17de geëindig het.

Meer oor:  Sebastian Vettel  |  Charles Leclerc  |  Formule Een  |  Singapoer  |  Ferrari
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.