Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
FIA wil botsing met Le Mans verhoed

Formule Een se beheerliggaam, die FIA, sal alles moontlik probeer doen om ’n botsing op die 2021-kalender tussen die 24 uur Le Mans-wedren en ’n Grand Prix te verhoed, sê die president Jean Todt.

Die Le Mans-uithouren van 2020 word hierdie naweek gehou.Foto: Getty Images

Vanjaar se F1-kalender het die Kanadese Grand Prix op dieselfde naweek in Junie as Le Mans gehad voordat die Covid-19 pandemie toegeslaan het.

Die Le Mans-ren, wat hierdie naweek plaasvind, sal in 2021 die hoogtepunt op die Wêreld-uithourenkampioenskap (WEC) wees, met die wedren wat vir 12 en 13 Junie geskeduleer is.

“Ons sal alles doen om te verhoed dat daardie datums oorvleuel,” het Todt gesê.

“Dit sal ook saak maak waar Formule Een gehuisves is, want die tydsones het belangrik geword,” sê hy.

Formule Een moet nog sy kalender vir 2021 publiseer, maar hy hoop om van die mees gerekende wedrenne in te pas.

“Ons beplan vir ’n 2021 wat nie heeltemal soos gewoonlik sal wees nie, maar naby,” sê die voorsitter, Chase Carey.

Vanjaar was veronderstel om ’n rekordgetal van 22 wedrenne te hê, maar dit het nou net 17, waarvan die meerderheid in Europa is.

Formule Een-renjaers het oor die jare al aan die Le Mans-uithouren deelgeneem, met Duitsland se Nico Hulkenberg wat in 2015 gewen het en Fernando Alonso in 2018.

Hulkenberg het nie sy titel in 2016 verdedig nie, aangesien dit gebots het met die eerste Grand Prix in Azerbeidjan. – Reuters

Meer oor:  Le Mans  |  F1  |  Formule Een  |  Fia  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.