Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fick kry eers later sy kans in Kiëf

Die Suid-Afrikaanse swaargewigbokskampioen Tian Fick sal nog ’n paar weke moet wag voordat hy sy internasionale debuut maak.

Moruti Mthalane, hier in aksie in ’n vorige geveg teen Masahiro Sakamoto, verdedig sy IBF-vlieggewigtitel teen die einde van die maand teen die Brit Sunny Edwards in Londen. Foto: Getty Images

Fick sou Sondag in Kiëf in die Oekraïne vir die eerste keer in die buiteland geboks het, maar die man teen wie hy sou veg, Andriy Rudenko, is positief getoets vir Covid-19.

Volgens Fick is die geveg net uitgestel en nie afgestel nie.

“Ons moet nou maar net geduldig vir ’n nuwe datum wag,” sê Fick in ’n inskrywing op sy Facebookblad. “Ek wens Rudenko ’n spoedige herstel toe.”

Twee ander plaaslike bokshelde se gevegte hierdie maand is darem nog op koers.

Moruti Mthalane verdedig sy vlieggewigtitel van die Internasionale Boksfederasie (IBF) op Vrydag 30 April in Londen teen die Brit Sunny Edwards.

Tian Fick, Suid-Afrika se swaargewigbokskampioen, sal nog ’n rukkie moet wag voordat hy sy talente oorsee ten toon kan stel.

’n Week vroeër, op Sondag 25 April, kom Sivenathi Nontshinga in Gqeberha teen Christian Araneta van die Filippyne te staan. Die wenner sal glo die eerste aanspraakmaker op Felix Alvarado van Nicaragua se IBF junior-vlieggewigtitel word.

Benewens hierdie gevegte waaraan plaaslike boksers gaan deelneem, is daar ’n klompie ander met internasionale vegters wat hierdie maand die belangstelling kan prikkel.

Saterdag in Tulsa, in die Amerikaanse deelstaat Oklahoma, kom Joe Smith jr. van Amerika en Maxim Vlasov van Rusland teen mekaar te staan vir die vakante ligswaargewigtitel van die Wêreldboksorganisasie (WBO).

Volgende Saterdag in Kissimmee, Florida (VSA), verdedig Emanuel Navarrete van Mexiko sy WBO-veergewigtitel teen Christopher Diaz van Puerto Rico.

Dieselfde aand sal die vuiste in Osaka in Japan klap, waar Kenshiro Teraji sy junior-vlieggewigtitel van die Wêreldboksraad (WBR) teen sy landgenoot Tetsuya Hisada op die spel plaas.

Hier is solank ’n lusmakertjie vir Moruti Mthalane se komende geveg teen Sunny Edwards. Kyk na hoogtepunte uit Edwards se geveg verlede jaar in Londen teen Thomas Essomba van Kameroen:

Meer oor:  Boks  |  Tian Fick  |  Moruti Mthalane  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.