Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fick kry vroeë Kersgeskenk met dié geveg

Tian Fick kry in Desember eindelik waarvoor hy nou al vir langer as ’n jaar vra – ’n titelkans teen die Suid-Afrikaanse swaargewigbokskampioen, Ruann Visser.

Kyk hoe kyk hulle vir mekaar! Tian Fick en Ruann Visser pak mekaar in Desember in Kaapstad. Foto: Facebook

Dis nog nie bekend presies waar Visser en Fick mekaar op 14 Desember gaan pak nie, maar dit gaan wel in Kaapstad wees.

Dit sal die tweede keer wees dat Visser sy titel, wat hy in Februarie 2016 by Osborne Machimana afgeneem het, sal verdedig.

Visser het die titel die eerste keer in Junie vanjaar verdedig toe hy Justice Siliga met ’n tegniese uitklophou in die eerste ronde verwoes het.

Fick het vroeër vanjaar op Facebook aangedui dat hy nog net tot die einde van die jaar gaan boks voor hy gaan uittree en na Dubai verhuis.

In ’n onderhoud in 2018 het hy aan SA Boxing Talk gesê Visser is langer en vinniger as hy, maar hy dink hy is taaier as die kampioen.

Die onoorwonne Fick is reeds 35 jaar oud, maar het nog net agt beroepsgevegte – waar van hy vyf met uitklophoue gewen het – agter die blad.

In sy laaste geveg het hy ’n oorgewig Wikus Ludeke in Augustus met ’n tegniese uitklophou in die eerste ronde verslaan.

Kyk hier na Tian Fick se vorige oorwinning oor Wikus Ludeke.


Meer oor:  Boks  |  Ruann Visser  |  Tian Fick
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.