Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fick se visier is op Skotse swaargewig

As alles volgens plan verloop, boks die Suid-Afrikaanse swaargewigkampioen, Tian Fick, in April in Glasgow, Skotland.

Die kans is glo goed dat Jay Carrigan-McFarlane van Skotland volgende teen Tian Fick gaan boks. Foto: Facebook

“Alles hang natuurlik af van die Covid-19-pandemie. Hopelik kan ons dan al soontoe vlieg,” sê Fick.

Die plan is dat Fick teen Jay Carrigan-McFarlane (22) gaan boks.

Carrigan-McFarlane het 12 van sy 17 gevegte in die beroepskryt gewen.

Die onoorwonne liggewig Calvin McCord, besig om Ibrar Riyaz pak te gee, is een van die boksers in die Skotse promotor Sam Kynoch se stal. Foto: Facebook

“As dinge nie so uitwerk dat ek na Skotland toe kan gaan of dat hy hierheen kan kom nie, sal ek my SA titel verdedig,” sê Fick.

Die moontlike geveg teen Carrigan-McFarlane is die resultaat van ’n ooreenkoms wat onlangs tussen Fight Africa Promotions en Sam Kynoch Promotions bereik is.

Kynoch is ’n Skotse bestuurder en promotor, met meer as 50 boksers in sy stal.

Matthew Leisching is nie net die dryfkrag agter Figh Africa Promotions nie, hy is ook die afrigter van die SA swaargewigkampioen, Tian Fick. Foto: Verskaf

Behalwe vir Carrigan-McFarlane, boks manne soos Calvin McCord (liggewig), Dean Sutherland (weltergewig) en Luca Micheletti (middelgewig) ook vir hom.

Volgens Matthew Leisching, die dryfkrag agter Fight Africa, sal die ooreenkoms meer plaaslike boksers die kans gee om internasionale ondervinding op te doen.

“Dit sal hulle die kans gee om deur die regte mense raakgesien te word en ook om Britse ponde te verdien,” sê Leisching op sy Facebook-blad.

Leisching sê dis ook nie net die topboksers wat by die ooreenkoms sal baatvind nie.

Opkomende boksers sal hopelik die kans kry om teen internasionale teenstanders in gevegte, wat vier of ses rondes duur, ervaring op te doen.

Wanneer Kynoch se boksers na Suid-Afrika kom vir toernooie, sal hulle in Kaapstad baklei.

Jack Brice Promotions sal dan die gevegte aanbied. Plaaslike boksers wat reeds geoormerk is om aan komende toernooie deel te neem, sluit in Fick, Baby Jake Mbangatha, Dillon Solomons en Athenkosi Plaatjies.

Kyk hier na een van Jay Carrigan-McFarlane se vorige gevegte teen Shaun Duffy

Meer oor:  Boks  |  Tian Fick
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.