Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fietsry kan Djokovic-hulle se pad volg

’n Gebrek aan sosiale distansiëring kan veroorsaak dat wanneer die fietsryseisoen binnekort hervat word, dit in ’n soortgelyke krisis gedompel kan word as met Novak Djokovic se onlangse omstrede tennistoernooie.

Fietsryers tydens die laaste skof van 2019 se Tour de France. Foto: Getty Images

Dié vermaning kom van Patrick Lefevere, spanbestuurder van die Belgiese fietsryspan Deceuninck-Quick-Step.

Hy skryf in sy rubriek in die Vlaamse koerant Het Nieuwsblad dat dit sy grootste vrees is dat die hervatting van fietsry – soos met Djokovic se toernooie – tot ’n skerp styging in Covid-19-infeksies kan lei.

Djokovic het onder groot kritiek deurgeloop nadat die onlangse toernooie in Serwië en Kroasië tot ’n groot hoeveelheid positiewe gevalle aanleiding gegee het.

By dié toernooie was daar nie sprake van sosiale distansiëring nie – iets wat Lefevere ook onlangs in die Belgiese stad Gent in ’n kafee teëgekom het.

“In die kafee het my oë oopgegaan. Dit lyk asof jong mense dink die koronakrisis is iets van die verlede. Tydens die hele Covid-19-pandemie het ek nog met niemand hand geskud nie, maar die jong mense soen mekaar oor en weer.

“Ek begryp die noodsaaklikheid om na die inperkingstydperk jou lewe te hervat, maar die virus is nie weg omdat jy so voel nie,” skryf Lefevere.

“My ergste bekommernis is dat renne in Julie tot infeksies kan lei. Wat gebeur het by die tennis, moet vir almal in sport ’n wekroep wees.

Mark Cavendish se kanse om vanjaar aan die Tour de France deel te neem, lyk skraal. Foto: Getty Images

“Ek wil glo dat Novak Djokovic sy vertoontoernooie met die beste bedoelings georganiseer het, maar sonder voorsorgmaatreëls het dit slegte gevolge gehad.

“Laat dit nou ’n les wees vir renne wat na verwagting in Julie gaan begin. Dit (renne) skiet nou soos paddastoele op, maar ek hoop dat daar voldoende aandag geskenk word aan voorkoming,” sê hy.

Die Wêreldtoer hervat op 1 Augustus met die Strade Bianche – ’n eendagren – in Italië. Minder as ’n maand daarna, op 29 Augustus, begin die prestigeryke Tour de France in Nice.

Dit is steeds onseker of toeskouers by die Tour toegelaat sal word.

Verskeie kleiner renne in Europa word egter vir vroeg in Julie beplan.

• Intussen lyk dit of die uurglas leegloop vir Mark Cavendish om die rekord vir die meeste skofoorwinnings in die Tour agter sy naam te skryf.

Die 35-jarige Brit, met 30 skofseges, se kans lyk skraal om Bahrain-McLaren se span vir die Tour te haal.

Cavendish het tevore vir die Suid-Afrikaanse span Dimension Data (deesdae bekend as NTT) gery, maar is in 2019 oor die hoof gesien vir die skouspel. Die legendariese Belg Eddy Merckx, wat die Tour vyf keer tussen 1969 en 1974 gewen het, hou die rekord met 34 skofseges. – Sportredaksie

Meer oor:  Novak Djokovic  |  Fietry  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.