Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fietsry weer onder opkikker-wolk

Die opkikkerwolk hang weer oor fietsry.

Vier Europese ryers, insluitende twee wat uitgetree het, is voorlopig geskors vir moontlike opkikker-oortredings.

Kristijan Koren. Foto: Getty Images

Die Internasionale Fietsry-unie (UCI) sê hy het inligting ontvang van Oostenrykse wetstoepassers.

Die Sloween Kristijan Koren (32) van die Bahrain Merida-span en Kristijan Durasek (31) van Kroasië, wat vir die Verenigde Arabiese Emirate se Team Emirates deelneem, sowel as die oudryers Alessandro Petacchi en Borut Bozic is ingelig oor moontlike opkikker-oortredings as deel van die ondersoek “Operasie Aderlass”.

Koren neem deel aan die Giro d’Italia, maar sal nie toegelaat word om verder te ry nie.

Pettachi (45) het in 2015 uitgetree. Bozic (38) het sy loopaan verlede jaar beëindig en is die assistent-sportdirekteur by die Bahrain Merida-span.

Die vier word ondersoek vir verbode opkikkermetodes tussen 2012 en 2017.

Die UCI sê hy, fietsry se teen-opkikkerstigting (CADF) werk nou saam met die Aderlass-ondersoek, die Wêreldagentskap teen verbode middels (Wada) en Oostenrykse owerhede.

Kristijan Durasek. Foto: Getty Images

Operasie Aderlass ondersoek die manipulasie van bloed waardeur ’n sportpersoon bloedoortappings gebruik om sy/haar vertoning en stamina te verbeter. Dit word verbied onder Wada-regulasies.

Die voorlopige skorsing begin op die dag dat die kennisgewing gegee is. ’n Teenopkikker-tribunaal van die UCI sal saamgestel word om die moontlike oortredings te ondersoek.

Team Emirates het Durasek geskors.

“Ons hoop hy kan bewys hy was nie betrokke nie. Indien nie, sal hy onmiddellik afgedank word,” sê die span.

Koren en Bozic is ook voorlopig geskors.

Team Bahrain Merida sê albei gevalle was in die 2012-2013-seisoene. “Die span doen altyd volledige mediese ondersoeke (insluitende biologiese toetse) van enige nuwe ryer,” lui ’n verklaring.

* Team Emirates het Dinsdag sy Colombiaanse ryer Juan Sebastian Molano voorlopig geskors nadat ’n interne toets “ongewone fisiologiese uitslae” opgelewer het. – Reuters

Meer oor:  Kristijan Durasek  |  Kristijan Koren  |  Opkikkers  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.