Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
David veg vir ‘Tour de France vir vroue’

Die Internasionale Fietsryunie (UCI) is hoopvol dat hy die organiseerders van die Tour de France kan oorreed om ’n ekwivalent van dié prestigeryke toer vir vroue te reël.

Sarah Storey sê vroue verdien meer as die eendaagse ren, wat hulle tans tydens die Tour de France kry. Foto: Getty Images

Só sê David Lappartient, die president van die UCI.

Tans neem vroue slegs aan La Course, ’n eendaagse ren, tydens die Tour deel. Vanjaar se La Course is oor ’n afstand van 121 km in en om Pau in die suidweste van Frankryk gehou. Dit het plaasgevind voordat die mans se 13de skof, ’n individuele tydtoets, begin het.

Lappartient sê hy het gesprekke met die Amaury Sport Organisation (ASO), die liggaam wat die Tour reël, gevoer oor die moontlikheid om La Course uit te brei tot tien skofte in die toekoms, sodat dit minstens die gelyke kan wees van die Giro Rosa, tans die mees prestigeryke fietstoer vir vroue.

“Wat ons sport kort, is ’n groot skofren vir vroue wat wêreldwyd belangstelling ontlok. Die Tour de France kan rêrig hiermee help,” het Lappartient in ’n onderhoud met die BBC se Radio 5 gesê.

Die 46-jarige fietsrybaas sê hy sal aanhou veg vir ’n Tour vir vroue en het die hoop uitgespreek dat die ASO die logistieke hindernisse kan oorkom wat dit ’n werklikheid sal maak.

Die Britse ryer Sarah Storey steun Lappartient se pogings en het La Course as niks meer as ’n “leë gebaar” beskryf nie. – Reuters

Meer oor:  Tour De France  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.