Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fietsryer 2 jaar tronk toe weens opkikkers

Die fietsryer Stefan Denifl van Oostenryk het Dinsdag twee jaar tronkstraf gekry vir sy aandeel in die internasionale Operation Aderlass-opkikkerskandaal.

Die fietsryer Stefan Denifl is weens opkikker-oortredings uit die sport geskors. Foto: AP

CyclingNews.com berig Andreas Stutter, visepresident van die streekhof in Innsbruck, het die vonnis vir “verswarende sportbedrog” bevestig. Hy sê die verdediging en die aanklaers word drie dae gegun om teen die uitspraak te appelleer en 16 maande van die vonnis is opgeskort.

Denifl (33) het met sy vorige hofverskynings in Februarie 2020 erken dat hy opkikkers gebruik het, maar aantygings van bedrog ontken en aangevoer dat hy al sy kontraktuele verpligtinge nagekom het.

Die hof het egter bevind dat hy sy span bedrieg het en is ook met ’n boete van €349 000 gestraf.

Die Oostenrykse “opkikkerpolisie” het Denifl in 2019 vir vier jaar geskors nadat sy rol in die Aderlass-skandaal aan die lig gekom het. Ander wat betrokke was, is ook reeds gevonnis.

Die voormalige skier Johannes Duerr, wat se bekentenis oor die gebruik van opkikkers in ’n Duitse dokumentêre program het aanleiding gegee tot die ondersoeke na Aderlass, het in Januarie 2020 ’n opgeskorte vonnis van 15 maande gekry.

Die skiers Max Hauke en Dominik Baldauf en die fietsryer Georg Preidler het ook tronkstraf gekry.

Die ondersoek het in Februarie 2019 aan die lig gekom toe die Oostenrykse polisie ’n klopjag op die Noorweegse Wêreldskikampioenskap in die Tyrol-provinsie uitgevoer het.

Vyf sportlui is op die plek in hegtenis geneem.

Die Duitse dokter wat as die baasbrein agter die skandaal beskou word, Mark Schmidt, is op dieselfde tyd in die Duitse stad Erfurt in hegtenis geneem. Sy verhoor het in September in München begin en die uitspraak word Vrydag verwag.

Aanklaers het aanbeveel dat hy tronkstraf van vyf en ’n half jaar kry en vir vyf jaar as dokter geskors word.

– Sportredaksie

Meer oor:  Verbode Middels  |  Opkikkers  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.