Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fietsryer boet nou vir Giro-sondes in 2020

Die Italiaanse fietsryer Matteo Spreafico is vir drie jaar geskors nadat hy twee opkikkertoetse gedop het tydens verlede jaar se Giro d’Italia in Oktober, het die Internasionale Fietsryunie (UCI) in ’n verklaring gesê.

Matteo Spreafico Foto: Getty Images

Die 28-jarige Spreafico, wat vir die Italiaanse span Vini Zabu ry, is positief getoets vir die verbode steroïed ostarien en al sy uitslae tydens die toer is as ongeldig verklaar.

Die UCI sê Spreafico se skorsing is terugwerkend en geld tot 21 Oktober 2023.

Vini Zabu is in April vir 30 dae geskors nadat twee van sy ryers in ’n tydperk van 12 maande vir verbode middels positief getoets is.

Nadat Spreafico nie sy opkikkertoetse kon slaag nie, is sy spanmaat Matteo de Bonis in Maart vir die verbode middel eritropoïetien positief getoets.

Dit het die span genoop om aan vanjaar se Giro te onttrek en die Italiaanse span Androni Giocattoli-Sidermec sal nou sy plek inneem.

Die Giro begin Saterdag in Turyn en word oor 21 skofte beslis. – Reuters

Meer oor:  Verbode Middels  |  Giro D'italia  |  Opkikkers  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.