Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Uitbranding’: Fietsryer terug ná blaaskans

Tom Dumoulin, die Nederlandse beroepsfietsryer wat in Januarie vermoedelik weens uitbranding ’n blaaskans van dié sport geneem het, sal in Junie weer aan ’n wedren deelneem.

Tom Dumoulin sal in Junie weer in ’n wedren in aksie wees. Foto: Getty Images

Dumoulin se span, Jumbo-Visma, het Donderdag in ’n verklaring aangekondig dat hy van 6 Junie af aan die Tour de Suisse sal deelneem.

Die wedren, wat oor agt skofte beslis word, begin in Frauenfeld en eindig in Andermatt.

Die Brit Geraint Thomas (middel), wenner van die Tour de France in 2018, en Tom Dumoulin (links) deel ’n ligte oomblik op die podium aan die einde van daardie jaar se wedren. Chris Froome, wat derde was, staan regs op die foto. Foto: Getty Images

“Die ryer van Jumbo-Visma het saam met die span besluit om sy terugkeer tot fietsry te maak, nadat hy dit weer geniet het,” lui ’n verklaring van die span.

Die 30-jarige Dumoulin was in 2017 die wêreldkampioen in die individuele tydtoets. Daarby spog hy met skofseges in al drie die Grand Tours, die Tour de France, Giro d’Italia en die Vuelta a España.

In 2017 was hy die algehele wenner in die Giro en in 2018 was hy die naaswenner in die Tour en die Giro.

Die plan was aanvanklik dat Dumoulin vanjaar vir die Tour aantree, maar Jumbo-Visma het onlangs aangekondig dat die Deen Jonas Vingegaard in sy plek in Frankryk in aksie sal wees.

Luidens die verklaring beoog Dumoulin om vanjaar aan die Nederlandse pad- en tydtoetskampioenskappe deel te neem en hoop hy om sy land by die Olimpiese Spele in Tokio te verteenwoordig. – Sportredaksie

Meer oor:  Tom Dumoulin  |  Olimpiese Spele  |  Tour De Suisse  |  Tokio-Spele  |  Fietsry  |  Uitbranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.