Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fietsryer terug na Nederland ná gru-ongeluk
Die Nederlandse fietsryer Fabio Jakobsen is in ’n mediese koma geplaas ná ’n vreesaanjaende ongeluk in die eerste skof van die Poolse Toer. Foto: Getty Images

Die Nederlandse fietsryer Fabio Jakobsen se toestand “vorder goed” ná sy gru-ongeluk in die Tour of Poland en hy sal na sy geboorteland terugkeer vir verdere behandeling.

Die 23-jarige Jakobsen is in ’n mediese koma geplaas en moes ’n operasie aan sy gesig ondergaan ná ’n ongeluk by die wenstreep op die eerste skof van die fietsren.

“Jakobsen se toestand vorder so goed dat hy Woensdag oorgeplaas word na die hospitaal in Leiden, Nederland,” sê sy Deceuninck-Quick Step-span in ’n verklaring.

Jakobsen en Dylan Groenewegen, wat vir die Jumbo-Visma-span ry, was in ’n intense tweestryd reg voor die wenstreep gewikkel, toe Jakobsen in die versperring langs die pad ingeploeg en teen ’n beampte gebots het.

Die sport se beheerliggaam, die Internasionale Fietsryunie (UCI), het in ’n verklaring Groenewegen se “gevaarlike optrede” veroordeel en hom summier gediskwalifiseer.

Die 27-jarige Groenewegen het om verskoning gevra vir die voorval.

– Reuters

Meer oor:  Fabio Jakobsen  |  Fietsren  |  Dylan Groenewegen  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.