Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fietsryers vir veiligheid beperk

Tour de France-spanne sal voortaan tot agt lede beperk word as deel van die internasionale beheerliggaam vir fietsry (UCI) se hersiening van sy regulasies wat vandeesweek bekend gemaak is.

Die Giro d’Italia en Vuelta sal ook van nege tot agt fietsryers beperk word in ’n poging om die veiligheid van deelnemers, toeskouers en die konvooi te verbeter.

Die verandering beteken dat die peloton in die drie Grand Tours volgende jaar van 198 tot 176 ryers beperk word.

Ander fietsrenne onder die UCI se vaandel sal tot sewe deelnemers per span beperk word.

– Reuters

Meer oor:  Uci  |  Tour De France  |  Vuelta A Espana  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.